Inkopiewenke vir Swart Vrydag deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Unsplash
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
1 Stel ’n begroting op
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Besluit vooraf wat jy op hierdie dag wil koop en hou daarby. ’n Mens kan binne ’n oogwink te veel geld op winskopies uitgee. Daarom is dit wys om die produkte wat jy regtig nodig het voor die tyd te kies en nie net spontaan te koop vir die afslag nie.
Lees ook: Pantser jouself teen onnodige aanlyn-inkopies
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
2 Stel vooraf ’n wenslysie op
Elke aanlynwinkel het ’n wenslysie (wish list) waar jy al jou gunsteling items kan “stoor” tot jy gereed is om dit te koop. Plaas al jou items vooraf in die wenslys sodat jy op die dag net op die afdeling kan klik en alles op een slag betaal. Sommige aanlynwinkels laat jou toe om al jou items reeds in die koopmandjie (“cart”) te hou, maar dit kan uitgeskop word as daar probleme met die netwerk is – dus is die wenslysie die beter opsie.
Lees ook: 3 webwerwe om jou lewe makliker te maak
3 Doen jou huiswerk
Dit is moeilik om enige afslag te weerstaan, maar sommige winskopies is regtig nie altyd daardie lang rye en ure voor die rekenaar werd nie. Winkels begin al vroeg in November hulle afslagitems bekendstel. Maak seker jou bloed, sweet en trane is die moeite werd – werk vooraf die afslagpersentasie uit en bepaal of dit die moeite werd is vir die item wat jy wil koop; ’n duursame item soos ’n wasmasjien met ’n groot afslag is natuurlik ’n slim kopie.
4 Maak seker jou besonderhede is reg
Televisiestelle en baie ander elektronika vereis dikwels dat jy ’n lisensienommer moet intik tydens die koopproses. Maak dus seker jy het alle nommers, kodes en inligting gereed vir wanneer daardie vrae opduik. Jou soektog na dokumentasie kan jou dalk net jou wenkopie kos!
Lees ook: Wees veilig aanlyn
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.