Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die Suid-Afrikaanse avonturier Chris Bertish

Chris, ’n meervoudige Guinness-wêreldrekordhouer, was onlangs die eerste persoon in die wêreld om sowat 3 250 km op ’n staanroeiplank (stand-up paddleboard) te roei, en die Noord- en Suid-Atlantiese Oseaan so oor te steek. Die reis het hom van Santa Cruz, Kalifornië, na Honolulu, Hawaii geneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit oortref sy vorige wêreldrekord van 2021 vir die langste afstand wat alleen en sonder ondersteuning op ’n wing foil afgelê is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy jongste avontuur is deel van die Transpacific Wing Project-sending om bewustheid rondom klimaatsverandering en klimaataksie te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Alles wat ek doen, gaan daaroor om positiewe verandering mee te bring. Dit help mense om te besef dat niks onmoontlik is nie,” sê Chris.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Karlien Meiring het meer oor sy moed, vasberadenheid en liefde vir die see uitgevind.

Wat doen jy as jy nie in die see is nie?

Ek bly besig! Ek doen praatjies by groot korporasies regoor die hele wêreld, soos by my bewaringsvennote en by skole. Ek bou aan my nie-winsgewende organisasie, die Chris Bertish Foundation 5013C wat in die VSA is. Ek beplan, ondersoek, bou en kry befondsing vir nuwe en groot projekte wat ander inspireer en iets aan mense, oseane en ons planeet teruggee. Ek skryf ook boeke en maak films.

Wanneer ek ontspan, is ek meestal in die see, ry ek branderplank of kuier ek saam my vriende in die natuur – veral om ’n vuur met ’n glas goeie enkelmout-whisky, soos Talisker, in die hand.

Wat is jou top-drie-bestemmings van alle tye?

Kaapstad, Oahu in Hawaii en Nias in Indonesië.

Wat is die grootste les wat jy deur jou see-avonture geleer het?

My liefde vir water kom van kleins af toe ek saam my pa die see verken het. Ek het toe al geleer ’n mens moenie teen die see veg nie, jy sal altyd verloor. Haal asem, ontspan, laat gaan en vloei saam met die golwe. Op dié manier benut jy die see se krag en waardeer jy die skoonheid en grootsheid daarvan.

Wat maak jou bang?

Werklik nie veel nie… Om bang te wees, is ’n goeie ding. Dit wys eintlik net jy is opgewonde om iets te doen wat jy nog nie vantevore ervaar het nie. Ek is miskien senuweeagtig dat ek nie my beste lewe lei en al my potensiaal bereik nie, maar ek staan elke dag op en doen my bes. Soms wen ek en ander kere leer ek net, en groei. Elke les is vir my ook ’n oorwinning.

Werk jy saam met enige opwindende vennote?

Ja, ek werk altyd saam met opwindende, nuwe vennote en maatskappye wat my etos en waardes deel. Aan die branderplank- en klere-kant werk ek saam met Finisterre, wat die volhoubaarste branderplankryklere- en duikpak-handelsmerk in Europa is. Hul duikpakke word van yulex rubber gemaak wat grootendeels uit boomsap bestaan. As deel van my nuwe boek All In! plant ons woude saam met die Platbos-reservaat en die SeaTrees-inisiatief. Talisker Whisky is ook betrokke by die All In!-padvertoning. Dit is heel gepas aangesien hulle ook in volhoubaarheid glo, en meen dat jy deur die see gemaak en gevorm word.

Prys: R 809 Voorraadhouer: Norman Goodfellows

Volg Chris (@chrisbertish) op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met fiksheidsghoeroe Angelique Van Der Linde

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

9 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

11 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

13 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.