kategorieë: Gesondheid

Is daar middels in sjampoe wat kanker veroorsaak?

Watter van die middels wat kanker veroorsaak, gebruik jy elke dag? Stel iets wat jy dag vir dag gebruik jou onwetend bloot aan kanker, onvrugbaarheid, ekseem of menstruasieprobleme? Die gebruik van produkte tydens swangerskap is veral problematies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons kom deur kos, skoonheidsmiddels soos sjampoe en tandepasta en by ons werkplekke in kontak met honderde chemikalieë, selfs al dink ons ons leef redelik groen. Omdat kankers toeneem, en ons terselfdertyd al meer ‘chemies’ leef, word die uitwerking van hierdie middels wyd gemonitor deur ’n hele aantal organisasies, soos die Amerikaanse Environmental Protection Agency (EPA), die European Agency for Health and Safety at Work (EU-OSHA) en die Amerikaanse OSHA, FDA, NIH en veral hul National Toxicology Program (NTP).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hulle werk hard, al laat party mense dit klink asof niemand vir die verbruiker omgee nie. So is die lys van middels wat kanker veroorsaak pas weer opgedateer. Dit sluit nóg twee chemikalieë in, naamlik kobalt en TCE (trichloroethylene). Waar gaan jy met byvoorbeeld kobalt te doen kry? Op verrassende plekke. Kobalt word veral in die nuwe  groen batterye en sonpanele gebruik, en is ook aanwesig in sekere nuwe heupprosteses. As jy pottebakkers- of glaswerk doen en met blou pigment werk, is jy ook aan kobalt blootgestel. (Lees meer hier)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daar is wel waghondliggame, maar hoe toeganklik is die inligting? Kan gewone mense oplees en self kyk of al die middels op die lang lys van bestanddele in kos, skoonheidsmiddels en werkschemikalieë veilig is? Sal jy die aanbevelings oor byvoorbeeld sodium lauryl sulphate (SLE), die skuimmiddel in sjampoe, kan gebruik?

Ons het gaan soek na die beste bronne – sodat jy nie oorgelewer is aan al daardie internetmites en hoorsê nie. Hierdie webwerwe verskaf outentieke, eerstehandse en topgehalte inligting. Elkeen van hulle baseer hul aanbevelings op erkende, streng wetenskaplike navorsing. Dit is die betroubaarste inligting wat ons beskikbaar het. Almal word gereeld opgedateer, soos wat nuwe inligting bekend gemaak word. Die beste van alles: die meeste gee bruikbare inlgting. Dit plaas die mag van kennis in jou eie hande.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Webwerwe met die lys van veilige middels wat nie kankers veroorsaak nie

GRAS-middels, of Generally Regarded as Safe-chemikalieë

Hierdie bron lys die middels wat as veilig beskou word. Elkeen word gegradeer, met 1 as veilig en 5 as onbekend of onseker. Gebruik hierdie webwerf as jy wil weet of ’n produk as veilig beskou word. Jy sal nie bekende giftige of gevaarlike middels op hierdie webwerf kry nie. Besoek die webblad hier.

Lyste van uiters gevaarlike middels wat kanker veroorsaak

Hier sal jy net gevaarlike chemikalieë kry. Veilige middels sal dus nie hier gelys word nie.

Die VSA se Environmental Protection Agency word deur baie kenners as te streng beskou. Maar dit maak dit juis aantreklik. Kyk na hul lys middels hier:

My gunsteling is hierdie een van Wikipedia, omdat dit maklik bruikbaar is:

Dit is gebaseer op hierdie meesterlys:

Moet jou nie laat afsit deur al die chemiese inligting aan die begin nie. Rol dadelik af na die onderste helfte van die bladsy, waar jy inligting sal kry oor die simptome van vergiftiging, watter organe aangetas word, of dit ’n kankerwekker is of nie, en hoe jy jouself daarteen kan beskerm.

Jy kan ook kyk na

Hierdie lys is nie so omvattend nie maar dit gebruik maklik:

Kyk ook na hierdie interessante lys. Dit lys kankers en gee dan middels wat ons reeds weet aan hierdie kankers gekoppel word. En weet jy wat dit sê? Die meeste kankers word nie veroorsaak deur vreemde chemikalieë nie maar deur rook, drank en alledaagse eetgewoontes. Maar lees gerus, want daar is ander onverwagse middels op die lys, soos droogskoonmaakmiddels, e-sigarette, nikkel en estrogeen/progesteroon.

Lys van monograwe oor middels wat kanker veroorsaak

Monograwe som al die navorsing oor ’n onderwerp op. Dit is taamlik tegnies geskryf maar daar is gewoonlik ’n heel verstaanbare samevatting vir ons gewone mense.  Kyk hier vir ’n lys:

Lees gerus hierdie monograwe:

Kan jou werkplek jou kanker gee?

Vind hier uit watter beroepe en chemiese middels wat mense by hul werkplek gebruik aan kanker verbind word. Gaan dit veral na as jy ’n haarkapper, verwer, naeltegnikus, tandarts of werktuigkundige is, baie houtwerk doen of dikwels chemiese oplosmiddels gebruik om olie en ghries te verwyder. Lees hier:

Hier is die adres vir die International Agency for Cancer Research se lyste, wat ook beroepe insluit:

Kan jou werk jou ekseem en ander velkwale gee?

Lees hierdie een, as jy wil weet of jou werk jou velkwale soos ekseem en infeksies kan gee:

Kan jou werk probleme met menstruasie en vrugbaarheid veroorsaak?

Wat as jy aan chemikalieë blootgestel is as jy swanger is?

Hoe om die lyste te gebruik om middels wat kanker veroorsaak, op te spoor

Kies enige bestanddeel op jou skoonheidsprodukte en tik die naam by ’n toepaslike lys in. Kyk wat dit oplewer. Baie middels sal nie op die lyste verskyn nie. Dit kan beteken dat dit nog nie nagevors is nie, of dat dit veilig is sover ons weet.

Hou in gedagte:

• Die meeste middels in klein hoeveelhede is veilig. Van die lyste dui die grense van veilige blootstelling aan.
• Middels moet goedgekeur word voor dit in die voedsel- of skoonheidsbedryf gebruik word. Dit beteken dat heelwat navorsing gedoen is voor die middel goedgekeur is.
• Nogtans kan ’n moontlike verband met kanker eers na dekades opwys. Daarom word middels oor die lang termyn ook gemonitor.
• Die lyste is ’n hulpmiddel. Dit vra nogal baie leeswerk om party middels uit te sorteer.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.