kategorieë: DieetGesondheid

Is eiergeel gesond?

Maak dit sin om eiergeel te eet? Mense met anoreksie eet net die eierwit. Wat van jou? Moet jy ook eiergeel vermy? Wat is alles in ’n eiergeel, teenoor ’n eierwit? Ons vergelyk dit, gebaseer op ons Mediese Navorsingsraad se SA Food Data System

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is in ’n eierwit?

Min kilojoules Dit is ’n voedingswinskopie, met net 100 kJ. As jy ’n sny brood in drie blokkies deel, bevat die eierwit soveel kilojoules as een broodblokkie.
6g proteïen ’n Hele eier bevat 14 g proteïen. Jy het 40-50 g proteïen per dag nodig.
Geen vet Al vet in ’n eierwit is die vet wat jy byvoeg wanneer jy dit gaarmaak in olie of eet saam met botter, mayonnaise, margarien, kaas en spek. As jy egter jou eier kook, posjeer of roereier in die mikrogolf sonder olie of botter maak, bevat dit geen vet nie.
Geen cholesterol Eierwit bevat geen cholesterol nie.
Kosbare voedingstowwe Dit gee jou ook:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • folaat (goed vir jou brein)
  • selenium (help jou beskerm teen kanker)
  • swael (nodig vir jou metabolisme) en
  • magnesium en kalsium (saam goed vir jou skelet)

Wat van natrium? ’n Eierwit bevat 55 mg natrium, die deel van sout wat sleg is vir jou. Maar jy kan elke dag 1 500 mg natrium gebruik. Die bietjie in ’n eier is te min om nadelig te wees – tensy jy jou eierwit doodgooi met sout.

Dit is dus waar dat ’n eierwit baie min kilojoules verskaf – en nie ’n enkele gram vet of koolhidrate nie. Dit is ook ’n goeie bron van proteïen en ’n hele paar minerale.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat is in ’n eiergeel?

310 kilojoules Dit is min of meer soveel as in ’n sny droë brood. Die voedingstowwe wat jy vir hierdie paar kilojoules kry is egter baie meer … en lekkerder.
Proteïen Die geel bevat bietjie meer proteïen as die wit – 8 g. Een hele eier (geel en wit saam, oftewel 14 g) gee jou sowat ’n derde van die hoeveelheid proteïen wat jy per dag benodig. ’n Eier (die geel en wit saam) bevat gram vir gram net soveel proteïen as steak. Omdat ’n eier al die soorte aminosure (proteïenboustene) bevat wat ons benodig, word dit as ’n volledige, topgehalte proteïen geklassifiseer.
Cholesterol Die 160 mg per eier klink erg hoog vir ons cholesterolbeheptes. Maar die feit van die saak is dat wat ons eet in werklikheid ’n klein verskil aan ons cholesterolvlak maak.
Dit werk so:

  • Jou liggaam kan nie sonder cholesterol funksioneer nie.
  • Cholesterol is absoluut noodsaaklik vir die vervaardiging van jou hormone en om jou selmembrane in stand te hou.
  • Daarom hou jou liggaam altyd sy cholesterolvlak stabiel: as jou kos min cholesterol verskaf, maak jou lewer ekstra cholesterol; en as jy meer uit kos soos eiers inkry, maak hy bloot minder cholesterol.

Vette Daar is 4,5 g vette in die eiergeel. Maar behou perspektief: 4,5 g is min, en die meeste daarvan is gesonde, goeie vette.

Foto: rooi rose

Onthou die volgende oor die hoeveelheid vette in eiergeel

  • Een teelepel margarien, olie en botter bevat 5 g vet, wat eintlik dieselfde hoeveelheid is sónder al die ander voedingstowwe van die geel.
  • ’n Klein 40 g-sjokoladestafie bevat rondom 12 g vette – meer as dubbeld soveel.
  • Sjokoladestafies, olies, mayonnaise en die vet van vleis gee jou min voedingswaarde, terwyl die vette in eiergeel saam met ’n halfdosyn kosbare en selfs skaars vitamiene en minerale kom.

En onthou die volgende oor die soort vette in eiergeel

  • Net een derde van die bietjie vet in ’n eiergeel – sowat 1,5 g – is versadigde vette.
  • Dit is baie minder as in ’n teelepel botter (sowat 2,4 g versadigde vette) en rooivleis (5 -8 g versadigde vette per porsie sonder sigbare vette en waarby niks met versadigde vette gevoeg is, soos ’n kaassous).
  • Tweederdes van die vette in ’n eiergeel is gesonde mono-onversadigde en poli-onversadigde vette, wat jou hart beskerm.
  • Daarby bevat eiers ook omega 3 onversadigde vette, wat jou ook teen hartsiektes beskerm. Omega-verrykte eiers bevat tot tien keer meer omegas 3s.

Ander voedingstowwe in eiergeel

Vitamien D
’n Eiergeel bevat sowat 18 I.U. Jy het dertig keer soveel per dag nodig (600 I.U.) maar vitamien D is skaars in ons kos, met eiers, kaas, lewer en vet vis as amper al bronne in ons dieet.

Minerale
In plaas van ’n mineraalaanvuller kan jy netsowel eiergeel gereeld eet want dit verskaf yster, magnesium, swael, kalium, kalsium en selfs sink.

Ekstra voedingstowwe
Eiergeel is van ons min bronne van biotien, luteïen en zeaxantien.

Geniet jou eiergeel

Om saam te vat: eiergeel bevat relatief min vette in totaal, min versadigde (die ongesonde soort) vette en min kilojoules, met baie en kosbare voedingstowwe. Boonop het dit min effek of geen effek op die cholesterolvlakke van gesonde mense. Een eier per dag – geel en wit – is goed vir jou.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.