kategorieë: Kos

Ja ja papaja!

’n Ryp papaja voorsien in byna drie keer jou daaglikse vitamien C-behoeftes en bevat meer proteïene as enige ander vrug. Dis ook ’n goeie bron van vitamien E en A (in die vorm van betakaroteen).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ryp papajas is uitstekend vir die spysverteringstelsel omdat hulle so veselryk is. Maar ’n groen papaja is nog beter omdat dit baie van die ensiem papaïen bevat wat op dieselfde manier as spysverteringsappe werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

*Kies papajas wat effens sag is met ’n rooi-oranje skil. Sit ’n papaja vir ’n paar dae saam met ’n piesang in ’n papiersak sodat dit vinniger kan ryp word.
*Sit ’n paar papajapitte in jou slaai. Dit het ’n heerlike peperige smaak.
*Groen papajas is veral lekker in Oosterse slaaie.
*Sprinkel lemoen- of lemmetjiesap oor gesnyde papaja om die soet geur te versterk.
*Papaja kan gebruik word om taai vleis sagter te kry. Smeer dit net oor die vleis en hou in die yskas tot benodig. Spoel af en maak gaar soos gewoonlik.
*Sit skyfies papaja met suurlemoensorbet voor as ’n vinnige (en gesonde) nagereg.
*Sny klein papajas middeldeur en strooi bruinsuiker en fyn gemmer oor. Rooster vir sowat 30 minute. Sit voor saam met lemmetjies as bykos of as ’n nagereg.
*Meng blokkies papaja, rooi uie, avokado, koljander en lemmetjiesap vir ’n vinnige salsa. Dis veral heerlik saam met geroosterde vis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blitsidees: 5 per dag

Dis soms moeilik om jou kwota vars vrugte en groente per dag te haal. Probeer ons slim planne vir jou en jou kinders: ’n Porsie is die hoeveelheid wat jy gemaklik in jou hand kan hou, of sowat 80 gram.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

*Maak ’n speletjie daarvan. My seuntjies tel hul vrugte en as hulle oor vyf gaan, kry hulle ’n beloning.
*Slaaie is ’n slim manier om baie verskillende rou vrugte en groente op ’n slag in te kry. Vrugte soos lemoen, pomelo, papaja, appel en aarbeie is heerlik in vars slaaie.
*Pak vars vrugte en groentestokkies eerder as skyfies en ander snoepgoed in kosblikke. In my huis geld die reël dat jy eers ’n vrug moet eet voor jy ’n koekie of lekkertjie kry (dit werk soos ’n bom). Ek sny vars vrugte by Griekse jogurt in en drup ’n bietjie heuning daaroor. So kry jy sommer twee of meer vrugte op ’n slag in. Ek probeer om die meeste bredies en pastasouse met uie, seldery en wortels as basis te begin. Ek gooi ook sommer ’n hand vol ertjies by as nog ’n porsie. Gevriesde ertjies is ’n lekker snoephappie vir kinders.
*Eet rou: Hoe korter groente gaargemaak word, hoe meer voedingswaarde bly behoue.
*Gebruik vrugte vir nagereg. Doop vars vrugte in ’n sjokoladefondue.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: vrugtepapaja

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.