kategorieë: Leef gesondGesondheid

Jaarlikse toetse vir mans

Hoe gereeld moet jy dokter toe gaan?
Is jy bekommerd is oor spesifieke siektes soos prostaat- of velkanker, omdat jy baie in die buitelug kom, werksplekbeserings, asma, jou longe omdat jy in die myn- of boubedryf werk, gloukoom of doofheid?
Lees die notas daaroor hieronder, saam met die tabel waarop jy kan kyk watter toetse jy vanjaar, volgens jou ouderdom moet laat doen. Klik hier vir die tabel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Velinspeksie vir velkanker
As jy sport doen, in die buitelug werk of ’n baie ligte vel en veral natuurlike blonde of rooi hare het, moet jy jou vel een keer per jaar laat toets. Maar gaan dadelik dokter toe as ’n moesie skielik verander of bloei, al kom jy min in die son.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Longfunksie en asma
As jy rook of in ’n mynarea woon of in die mynbedryf werk en blootgestel is aan mynstof, behoort jy jou longe elke jaar te laat toets vir longtering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy aanhoudend hoes en nie ’n verkoue kan afskud nie, laat jou toets vir Tuberkulose (TB). Gaan in elk geval dokter toe, want dit kan ook ’n teken wees van asma, emfiseem (selfs al het jy nooit gerook nie), chroniese bronchitis en so meer.

PSA vir prostaatkanker
Dr. Dominique Stott, Uitvoerende Bestuurder vir Mediese Standaarde by PPS, beveel aan dat jy jou eerste PSA-toets (Prostaatspesifieke Antigeen) op veertig kry, en dan elke vyf jaar herhaal om jou risiko op prostaatkanker te monitor. Van 52 af kan jy dit elke twee jaar laat doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

KANSA beveel aan dat jy jou PSA van veertig af aan jaarliks laat meet.
Wat as jou PSA hoër as normaal is en jy is jonger as 50? Dan moet jy dit fyner dophou en elke twee jaar monitor, of so gereeld as wat jou dokter aanbeveel.

Gehoortoets
As jy in ’n raserige omgewing soos ’n fabriek of myn of met meganiese toerusting werk, laat toets jou gehoor sodra jy agterkom dis aangetas. Toets op vyftig, en toets van daar af elke twee jaar.

Oogtoets vir sig en veral gloukoom
Volgens Rudine Diedericks van die Mellins-Zeiss Visiesentrum in Fourways moet jy jou oë jaarliks vir gloukoom laat toets indien ’n familielid gloukoom het. As jy self met gloukoom gediagnoseer is, moet jy sesmaandeliks laat toets.

Tetanusvaksien (Klem-in-die-Kaak vaksien)
Hierdie vaksien beskerm jou teen ernstige en soms dodelike infeksie met die tetanus-organisme wat jy kan opdoen na beserings, veral as jy buite en met meganiese toesrusting werk. Die vaksien beskerm jou baie doeltreffend maar dit verloor sy doeltreffendheid, en daarom word dit elke tien jaar herhaal. Herhaal dit veral as jy in die buitelug werk, aan sport deelneem of tegniese werk doen.

Gordelroosvaksien
Gordelroos word veroorsaak deur dieselfde organisme wat waterpokkies by kinders veroorsaak. Jy kan jouself baie ongemak bespaar met ’n voorkomende vaksinering. Herhaal dit op 65.

Pneumokokkale vaksien
As jy bo 60 jaar oud is, is jy meer vatbaar vir longinfeksie en bronchitis weens die pneumokokke – bakterieë wat veral toeslaan na ’n verkoue of griep jou weerstand afgetakel het. Belê in die vaksien en spaar jouself baie pyn in jou latere lewe.

Hoeveel vaksiene kan jy tegelykertyd kry?
Moenie die drie vaksiene (klem-in-die-kaak vaksien, gordelroosvaksien en die pneumokokkale vaksien) tegelykertyd kry nie. Spasieer hulle minstens ses maande uit mekaar. As jy nie gereeld dokter toe gaan nie neem een op 59, nog een op 60 en die laaste een op 61.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

8 mins Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.