kategorieë: KalenderOntspanning

Jacaranda FM en Spar Carols by Candlelight lui die feesseisoen in

Die jaarlikse geleentheid, Carols by Candlelight, is ’n bederf vir die hele gesin met ’n eersterangse lys kunstenaars en dit merk die amptelike afskop van die feesseisoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lloyd Cele, Louise Carver, Ross van Prime Circle, Danny K, Majozi, Kelly Khumalo, Cara Frew en Claire Johnston sal die feestyd-vreugde op die 2de Desember na St Stithians bring, terwyl Charlize Berg, Elvis Blue, Jo Black, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Refentse en Joe Niemand die gees van Kersfees na Loftus Versfeld sal bring op die 5de Desember. Die super talentvolle Mzansi Youth Choir sal ook by beide geleenthede optree.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jacaranda FM se aanbieders sal ook die begin van die feesseisoen vier en regstreeks vanaf beide geleenthede uitsaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die SPAR kinder-vermaakterrein sal die kleingoed laat oorloop van vreugde met speelareas, speletjies, handwerk, rolprente en meer!

Toegang is gratis, maar om die liefde wyd te deel tot waar dit die nodigste is, word diegene wat Carols by Candlelight bywoon aangemoedig om ’n speelding te skenk wat aan uitgesoekte liefdadigheidsorganisasies geskenk sal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kerse sal ook te koop wees teen R30, liedboekies teen R10 en ’n kers-en-liedboekie-pakket teen R35. Alle opbrengste sal aan Jacaranda FM Good Morning Angels toegeken word.

Die inligting

Johannesburg: 2 Desember 2017 by St Stithians College.

Pretoria: 5 Desember 2017 by Loftus Versfeld

Toegang: Gratis, maar jy word aangemoedig om ’n speelding te bring wat aan liefdadigheid geskenk sal word. Kerse en liedjieboeke word verkoop en dié opbrengste sal ook vir liefdadigheidswerk gebruik word.

Tyd: Hekke by beide geleenthede open om 16h00 en verrigtinge begin om 19h00 – 21h00.

Kyk na hierdie video met Charlize Berg en Kelly Khumalo vir ’n voorsmakie van dit wat jy by Carols by Candlelight kan verwag.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.