kategorieë: KalenderOntspanning

Jannie du Toit bring Koos Doep en Jacques Brel na die Lae Lande

Met treffers soos “’n Liedjie vir jou”, “Gee ons vrede” en “Madeleine” het die sanger en liedjieskrywer Jannie du Toit geen bekendstelling nodig nie. As jy oud genoeg is, was jy dalk ook ’n aanhanger van die studente folkrock-groep Trilogie in die vroeë jare sewentig. Nadat Trilogie in 1976 ’n honorary mention prize in die American Song Festival gewen het, was daar geen keer aan Jannie nie. Saam met sangers soos Koos du Plessis, Laurika Rauch, Coenie de Villiers en Anton Goosen het hy ’n sleutelrol gespeel in die Afrikaanse musiek- en liriekbeweging. Met ’n LLB-graad en as toegelate prokureur het hy die regsberoep in 1980 verlaat om voltyds musiek te maak, en in die jare tagtig in diens van Tukkies musiekblyspele geskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vanaf 1986 het Jannie en die pianis Christa Steyn ’n gedugte span gevorm. Hulle was 25 jaar lank saam op die verhoog en het talle liedjies saam geskryf. In 2012 is Christa tragies oorlede ná ’n jaarlange stryd teen kanker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sedertdien deel Jannie die verhoog met ander top-musikante soos Susan Mouton (tjello) Chanie Jonker en Coenraad Rall (albei pianiste). Hy het die liedjie “Die eggo van jou oë” opgeneem saam met Renette Bouwer, bied ’n kookprogram aan saam met Lochner de Kock, sowel as “Kiekies – Lucas se liedjies” saam met Thean Kotzé van Ses Snare-faam.

Jannie se Beneluxtoer van 22 September tot 22 Oktober 2017 is sy vyftiende Europese konsertreis van dié aard. Die toer saam met Susan Mouton en Chanie Jonker behels 25 optredes van hoofsaaklik twee volledige verhoogproduksies: Doep is nie dood nie (die musiek van Koos du Plessis) en Bonjour Monsieur Brel (musiek en tekste van Jacques  Brel). Hierdie produksies is die afgelope tyd landswyd by kunstefeeste en teaters aangebied. Gehore was gaande daaroor, en kritici soos Paul Boekkooi en Lesley Stones het dit hoog aangeskryf:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bonjour Monsieur Brel is “een van die blinkste Brel-aanbiedinge … wat tot nog toe in Suid-Afrika op die planke was … Ervaar die grensloos magiese daarvan.” – Paul Boekkooi.

Superb, with the gravitas and vocal power to do [Brel’s] songs justice. The music is provided brilliantly by Susan Mouton on the cello and piano and Chanie Jonker on piano and accordion.” Lesley Stones, The Daily Maverick.

Die eerste konsert vind op 22 September plaas by die Herman van Veen Arts Centre in Soest, Nederland, gevolg deur 25 optredes kruis en dwars oor Nederland en België.

Die toer word moontlik gemaak deur Showmax, die Antwerpse regering, die ATKV en die hulp van goeie vriende wat Jannie oor ’n tydperk van 30 jaar leer ken het.

Besoek janniedutoit.com vir die volledige toerprogram.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.