kategorieë: TrendsMode

Mode: Jason Basson se winterwenke

Deur Bea Lingenfelder. Hooffoto: Superbalist

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Watter wintertrend beskou jy as ’n cliché en hoe gee jy dit nuwe lewe?

Ek voel dat pienk deesdae in oormaat voorkom. Ons het oor die jare verskeie skakerings van pienk sien terugkeer so dit voel net nie vir my meer so “vars” en “lewendig” soos dit eens was nie. Ek is tog gaande oor ’n kleurvolle winter, so hoekom probeer ons nie iets avontuurlustig nie: Een kleur (soos pienk) van kop tot toon. Dan ook, tot my verbasing, hou ek baie van die pienk en leer-kombinasie! Die pienk versag die voorkoms saam met die waaghalsige leermateriaal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat is vir jou een moet-hê-winteritem waarin ’n mens kan belê?

’n Jas is vanselfsprekend ’n vereiste vir winter. As jy daarin gaan belê, moet jy die volgende in gedagte hou.
1. Dit moet funksioneel en duursaam wees.
2. Die styl moet effens meer klassiek wees.
3. Daar moenie reeds iets soortgelyk in jou klerekas hang nie.
My voorstel is óf ’n helderkleurige pofbaadjie, óf ’n veeldoelige jas. Albei hierdie items is tydloos. Pofbaadjies keer elke twee of drie jaar terug en jy sal altyd soos ’n modevoorloper lyk. Die jas is ’n item wat jy werk toe kan dra en soos ’n onstuitbare besigheidsvrou laat lyk, maar ook oor ’n rok gooi vir ’n aandgeleentheid. ’n Donkerblou woljas of ’n fyn blokkiespatroon is baie gewild.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe stileer jy leer en latex sonder om soos ’n Fifty Shades of Grey-karakter te lyk?

Dit gaan alles oor die balans tussen “harde” en “sagte” elemente – om leer saam met ’n luiperdmotief te dra is veels te oordadig! Dit is eerstens belangrik om vir ’n snyersnit en duursame leer of viniel uit te kyk. Tweedens, maak seker jy stileer dit saam met sagte kleure, detail en materiale wat ’n romantiese gevoel skep, byvoorbeeld ’n sagte kleur satynbloes met valle of uitklokmoue. ’n Hoë hals werk ook goed, omdat jy rondspeel met waagstukke (leer) en meer konserwatiewe snitte. Truie en denim werk natuurlik by enigiets en bly die keuse waarop jy kan staatmaak.

Wat is die “ugly sneaker” en hoe dra ons dit?

Die ugly sneaker is die plaasvervanger vir die voormalige “pa-skoen.” Dit is die tekkies wat “ooms” en “tannies” in die jare voor 2000 gedra het, maar dis nou deur ontwerpers soos Prada en Balenciaga teruggebring. Hierdie skoen is ’n goeie voorbeeld van hoe om die beperkings van smaak en hoogmode uit te daag. Hierdie gier is ook deel van die “gorpcore” -beweging wat hoogmode- en ongewilder style kombineer in onvoorspelbare maniere. “Meer is meer!” …in hierdie geval.

Daar is verskeie maniere om die ugly sneaker te dra:
1. Dra ’n monochroom-uitrusting van wit en swart en laat jou skoene die praatwerk doen.
2. Stileer jou uitrusting se kleurskema slim deur die kleure op jou skoen deurgaans in jou uitrusting te herhaal. Hierdie skoen werk goed saam met ander eksentrieke style soos die hemprok of ’n pofbaadjie.

Moet’s en moenies van die wit stewel

Moet: Waag dit en dra hierdie stewel saam met enige iets.  Maksimalisme is nou net so gewild soos minimalisme.

Moenie hierdie trend onderskat en daarop uitmis nie. ’n Eenvoudige styl wit skoen sal altyd prakties en veelsydig bly. Kyk nou maar na die gewilde wit-tekkie wat vir jare al ’n gunsteling bly!

“Net omdat die blare hul kleur verloor, beteken dit nie jy hoef ook nie” – Jason Basson

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.