kategorieë: Nuut & NouKos

Jenewer vir smulpape: Geniet dié disse met Hendrick’s Gin

Smulpape en jenewerliefhebbers kan deesdae breed glimlag aangesien daar soveel verskillende jenewers beskikbaar is. Boonop kan jy die lekkerste mengeldrankies met jenewer maak en hoef jy nie by die tradisionele “G&T” of Martini te bly nie, alhoewel dit steeds lekker en gewild bly. Hier is vyf van ons gunstelingdisse wat saam met jenewerdrankies voorgesit kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Beesvleis stroganoff

Stroganoff kan met ’n ligter jenewerdrankie gepaar word vir ’n interessante en nuwerwetse smaaksensasie. Hendrick’s Gin stel ’n mengeldrankie soos Raspberry Rose Royale voor, ’n mengsel van Hendrick’s Gin, suikerstroop, frambose en sjampanje.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kalkoen

Deur Hendrick’s Gin met vermoet (wyn), bitters en iriswortel- en vanieljerook te meng, sal jy ’n mengeldrankie kry wat kalkoen perfek komplementeer en jou gaste vir meer sal laat vra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vis-en-skyfies, soesji en ander seekos

Trek maar die seekos nader! Jenewer-mengeldrankies kan saam met vis-en-skyfies geniet word, maar werk ook goed saam met vissoorte soos salm. Verskeie sjefs eksperimenteer selfs daarmee om jenewer in seekosresepte te gebruik.

Sjokolademousse of kaaskoek met bessiemoes

Jenewer kan ook saam met nageregte soos sjokolademousse of kaaskoek met bessiemoes geniet word. Hendrick’s Gin stel voor jy bedien sjokolademousse met ’n mengeldrankie soos die Matinez, aangesien die bitterheid van die drankie ’n interessante smaakkontras met die soet sjokolade vorm.

Foto: Hendrick’s Gin

Komkommertoebroodjies

Wat van ’n jenewerdrankie saam met jou laatmiddagtee-komkommertoebroodjies? Ja, vanjaar se Hendrick’s Gin ‘Secret Order’-geskenkpak bevat nie verniet ’n pragtige porseleinkoppie en -piering nie. Wie het gesê jy moet nét tee drink?

Foto: Hendrick’s Gin

Hendrick’s Gin onthul hul ‘Secret Order’-geskenkpak vir die feesseisoen

Hendrick’s Gin word, anders as gewone jenewer, in Skotland in stooksels van slegs 500 liter gedistilleer. Die jenewer word met komkommer, roosblare en ’n mengsel van 11 plante gegeur wat dit ’n verfrissende geur gee met ’n aangename blom-aroma. Met sulke karaktertrekke en balans van subtiele geure kan mens nie vir meer vra nie.

Geniet hierdie feesseisoen Hendrick’s Gin-mengeldrankies saam met jou vriende en geliefdes met dié eksentrieke feestydgeskenkpak.

Die ‘Secret Order’-geskenkpak is beskikbaar by uitgesoekte handelaars teen ’n voorgestelde handelsprys van R399.00. Hierdie beperkte geskenkpak bevat ’n 750ml Hendrick’s Gin en ’n pragtige porseleinkoppie en -piering. Elke geskenkpak bevat ook ’n resep vir ’n lekker mengeldrankie wat jy kan probeer.

Besoek Hendrick’s Gin op Facebook | Twitter | Instagram

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.