kategorieë: Ons menseBekendes

Jo-Ann Strauss verwag haar derde baba

Voormalige Mej. Suid-Afrika, bekende TV-persoonlikheid en geliefde rooi rose-voorbladvrou, Jo-Ann Strauss, het hierdie week op sosiale media aangekondig dat sy swanger is. Strauss en haar chirurg-man, Michael Held, het reeds twee ander kinders: ’n seuntjie en ’n dogtertjie. Strauss het genoem dat sy baie opgewonde is oor die swangerskap, maar dat sy die afgelope ruk platgetrek is deur ernstige oggendnaarheid. Sy het ook gesê dat haar babamagie reeds wys, al is dit redelik vroeg in die swangerskap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Heelwat ander bekendes sal vanjaar ook ’n pienkvoet bykry.

Prinses Catherine, hertogin van Cambridge, verwag haar en Prins William se derde baba. Die kleintjie sal sy of haar verskyning in April 2018, enkele weke voordat Prins Harry en Meghan Markle trou, maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees hier om meer uit te vind oor Prinses Charlotte se eerste dag by kleuterskool, en Prins George se eerste skooldag.

Lees ook hier oor die aankondiging van Catherine se swangerskap.

Nog ’n voormalige Mej. Suid-Afrika, Claudia Henkel en haar man Orin Roesstorff, verwag ’n tweeling wat binnekort gebore sal word. Kyk net hoe spog Claudia met haar pragtige babamagie!

Minki van der Westhuizen is ook swanger met haar derde kind. Sy en haar man, Ernst Joubert, het reeds twee kleuterdogtertjies.

TV-persoonlikheid Roxy Burger en haar man Neil Shraga sal binnekort hul eersteling verwelkom. Roxy deel gereeld foto’s van haar swangerskap se vordering, soos hierdie foto waar sy haar babamagie wys op 39 weke.

Lees hier oor die aankondiging van haar swangerskap.

Die rymkletser YOMA het in Desember geboorte geskenk aan haar eersteling. Lees haar blog oor hierdie ervaring.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

8 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.