kategorieë: Bekendes

John W. Fredericks gesels oor sy skryfdroom

Luister na die aangrypende gesprek tussen Ilse Salzwedel en John W. Fredericks op RSG. Gaan na www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp en soek Skrywers en Boeke. Tik dan die sleutelwoord John W. Fredericks in. *Die program is op 10 Augustus 2016 uitgesaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Meer oor Noem My Skollie

Noem My Skollie het die land aan die gons. Die verhaal speel hom af op die Kaapse Vlakte, ’n wêreld waar broer teen broer baklei in nimmereindigende bendeoorloë. AB Lonzi (vertolk deur Mouton) en sy drie vriende probeer van kleins af die bendewêreld vermy, maar dis nie altyd moontlik nie. Wanneer AB weens ’n tragedie in die tronk beland, besluit hy om tot elke prys uit die nommerbendes (die berugte 26’s en 27’s) se tentakels te bly, want hy wil meer wees as “’n bandiet en ’n gangster”. Maar om dit reg te kry, moet hy beskerming teen hulle kry, en daarvoor moet
hy iets doen wat respek afdwing.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daardie “iets” is stories vertel, en soos wat Scheherazade in die legendes van 1001 Arabiese Nagte vir die sultan stories vertel het, het AB saans vir die manne in sy sel stories vertel. Nadat hy sy vonnis uitgedien het, besluit hy dat die binnekant van ’n tronk hom nooit weer gaan sien nie, en dat hy ’n skrywer gaan word, kom wat wil.

Skollie is meer as ’n mooi storie – dis die inspirerende lewensverhaal van John. W. Fredericks, ’n eenvoudige man van die Kaapse Vlakte wat nooit wou moed opgee dat sy verhaal ’n rolprent sal word nie. Dit het hy nou in sy sewentigerjare reggekry, en ook die draaiboek geskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die fliek is ook benoem as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars.

Plek-plek skok die storie, maar dis die kameraadskap, liefde, volharding en Fredericks se geloof dat daar iets groter en beter as sy situasie móét wees, wat ’n mens inspireer en bybly. Ook sy liefde vir boeke, want deur stories kon hy aan sy uitsiglose bestaan en swaar lewe ontsnap.

Die rolprent het rekordgetalle kykers gelok, en die amptelike première was in die Pollsmoor-gevangenis, juis daar waar Fredericks se lewe kon geëindig het as dit nie was vir stories en sy brandende begeerte om as meer as net ’n bendelid onthou te word nie.

Lees ook ons onderhoud met Dann-Jaques Mouton op bl. 24 van die Januarie 2017-uitgawe van rooi rose.

Lees ook: Dann-Jaques Mouton oor Noem My Skollie

Lees ook: Noem My Skollie op pad Oscars toe

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.