Foto: Pexels
Optometris Ilse Homan van IM Optical Optometrist se wenke:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1. Verdof die lig. Dit verminder skermweerkaatsing. Laat flouer gloeilampe en neonligte insit, draai jou skerm so dat die kantoorlig nie daarop weerkaats nie en sorg dat lig van die venster van jou sykant af inval, en nie van voor of van agter nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }2. Laat ’n teenrefleksielagie (antiglare) op jou bril aanbring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }3. Stel jou skerm dat dit net so helder soos die vertrek is.
4. Hou jou oë vogtig. Knip hulle doelbewus elke vyf minute, of vertroetel hulle met oogdruppels.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }5. Kyk ver. Jou oogspiere gaan in ’n spasma as jy heeldag sonder enige onderbreking na jou skerm kyk. Gee die spiere ’n blaaskans deur elke uur of so vir tien sekondes op ’n voorwerp ses meter ver te fokus en dan weer op iets wat liniaallengte van jou af is, ook vir tien sekondes.
6. Nie so naby nie. Twee liniale tussen jou oë en die skerm is perfek.
Die gerief
• G’n rame
• Prakties vir sport en bestuur want jou hele sigveld is in fokus
• G’n weerkaatsings soos op brillense nie
• G’n wasem as dit drukkend is of as jy sweet nie
• G’n merk op jou neus weens die gewig van jou bril nie
• Dit val nie af as jy vorentoe buk nie
• En hulle reën nie nat nie
Die minusse
• Dit neem veral aan die begin lank om hulle in te sit en uit te haal
• Jy moet hulle elke aand baie getrou versorg
• Hulle kan jou oë irriteer
• Hulle kan heelwat meer as ’n bril kos. Jy moet ook spoelmiddels inreken
• Jy het steeds ’n bril nodig (al is dit ’n goedkoop een). Jy moet byvoorbeeld kan sien hoe om jou eerste lens in te sit of as jy saans jou lense vroeg wil uithaal.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.