kategorieë: Leef gesondDieet

Dieet-uitdaging: Week 5

Dieet: Slender Wonder deur Body Renewal

www.bodyrenewal.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Persoon: Adriana Grundlingh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Adriana se dagboek: Week 5

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjoe, ek kan nie glo ek is al by week 5 nie! Die tyd vlieg eintlik verby, al voel party dae soos ’n ewigheid (veral as ek so lus raak vir ietsie soet en ’n lemoen nie meer die ding doen nie). Die persoon wat sê: “eet ’n lemoen of appel as jy lus is vir sjokolade,” weet nie waarvan hy praat nie of het nog nooit so lus geraak vir sjokolade soos ek nie!

Die naweek het heel goed verloop en toe eet ek my eerste “take-away!” Saterdagaand was groot rugby en dit was koud, so die manne het nie gebraai nie. Almal het iets gaan koop om te eet. Ek het nie vir my kos ingepak soos normaalweg nie, en eet moes ek! Oor die algemeen is ek nie lief vir McDonald’s nie maar die slaai het my beïndruk! Ek het lekker kraakvars slaai met gekrummelde hoender geëet (ek is seker die hoender was nie op my lysie vir MAG EET NIE – daarom het ek die meeste hoender maar vir manlief gegee). Nadat almal hulle vetterige skyfies en burgers gehad het, was ek heel ingenome met myself omdat ek so lekker geëet aan ’n slaai kon eet!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek drink nog elke oggend die shake wat as ’n maaltydvervanger werk. Dit hou my regtig versadig totdat dit tyd is vir middagete en soms is ek teen middagete nog steeds nie honger nie. Saans is egter ’n ander storie. Na ete gryp ek maar nog ’n lemoen en hoop dit help….soms werk dit maar daar is maar heelwat kere wat dit nie heeltemal die ding doen nie!

’n Nuwe week het aangebreek en die senuwees het weer begin knaag vir die weeg en teen Woensdag was dit tyd. Ek ry Woensdagoggend na Skin Renewal by Willowbridge met skoenlappers in my maag, van senuwees natuurlik! Ek het verwag dat dit nie heeltemal so goed sal gaan nie, want ons vroue het mos maar ’n sekere tyd van die maand wat ons bietjie geswel is en ’n “verskoning” het vir so ’n ekstra kilo (die hou ek toe maar in my agterkop). Een van die konsultante het my geneem vir weeg en mates en teleurstellend was dit toe maar ’n bietjie. Gelukkig het ek steeds ’n paar sentimeters verloor en ook 2.7kg! Die dokter kon die teleurstelling op my gesig sien, maar sy het my sommer vinnig weer moed ingepraat. Sy het my oortuig dat as dit nie vir “die tyd van die maand” was nie, sou ek ten minste nog 900g-1kg verloor het en dat ’n totaal van 8.9kg baie goed is vir 4 weke. Nou sal ek my sokkies moet optrek want die volgende weeg sal beter moet gaan.

Ek het vir Debi by Bon Appetit Meals gekontak om uit te vind omtrent die Slender Wonder Meals wat sy maak en aflewer. Hulle is in die Noordelike voorstede van Kaapstad en kan aflewer in Durbanville, Brackenfell en Kraaifontein en ook in ander areas op versoek, of mense kan self optel. Hulle doen gewone etes ook en bestellings moet op ’n Maandag geplaas word. Met elke bestelling moet daar ’n minimum van een gewone maaltyd en twee Slender Wonder maaltye (middag en aand) wees. Aangesien ek op die SB-program van Slender Wonder is, het ek uitgevra en seker gemaak dat sy geen botter, olie, suiker, ensovoorts gebruik nie. Ek beplan om volgende week te bestel en alles te vertel en sal dan ook al hulle besonderhede gee. Ek is baie opgewonde want ’n mens raak maar moeg vir dieselfde kos en om idees uit te dink vir ’n volgende ete, raak moeilik!

Die naweek breek aan. Ek hoop nie dit gaan te moeilik wees nie.

Dieet: Healthy Weight-program deur The Sport Science Institute of South Africa (SSISA) in Kaapstad

www.ssisa.com

Persoon: Daniela Nothnagel

Daniela se dagboek: Week 5

Ek het gisteraand vir die 4de keer gaan weeg en ek was so teleurgesteld. Ek het 100g opgetel! Ek het steeds soos altyd geoefen en ook nie te sleg geëet nie. HOE KAN DIT WEES? Ek het mooi gaan sit en dink wat ek anders doen en ewe skielik besef dat ek opgehou het om my versnaperinge (wat veronderstel is om vrugte te wees) te eet. Ek het ook te min water gedrink en heeltemal te veel koffie.

Ek het hierdie week met konstipasie ook gesukkel. My dieetkundige het verduidelik dat dit my liggaam se natuurlike reaksie is omdat ek nie genoeg vrugte geëet of genoeg water gedrink het nie.

Dit is moeilik om nie in sak en as te sit nie, maar ek aanvaar dit nou so en gaan hierdie week ekstra versigtig wees met wat ek eet en wanneer ek dit eet. Ek hou nie so baie van water nie, maar ek gaan dit hierdie week in my keel afdwing! Sterkte Daniela.

Dieet: SureSlim

www.sure-slim.co.za

Persoon: Sadnri Hough

Sandri se dagboek: Week 5

Aangesien ek hierdie week nog nie my eetplan het nie, moet ek steeds net voortgaan met die veranderinge van my slegte gewoontes. Blykbaar neem dit 21 dae om van ’n gewoonte ontslae te raak, so ek het nou nog ’n week oor om ’n paar van my slegte gewoontes af te skud.

Ek moet egter eerlik wees – hierdie week was vir my baie moeilik, en ek wens dat ek my eetplan ’n week vroeër kon kry. Ek wou hierdie week elke sjokolade wat ek sien, verslind en ek was so lus vir ’n ou wyntjie! Natuurlik was hierdie week ook mos “daai tyd van die maand” en ek het vreeslik swaar gekry en myself baie bejammer. Ek het so goed as moontlik probeer om by my riglyne te hou, maar ek het hier en daar my porsiegroottes oorskry. Dit was ook moeilik om daagliks baie water te drink. Ek het soos ’n ballon gevoel wat gereed is om te bars, as gevolg van die waterretensie – ek kon nie eens my trouring van my vinger af kry nie!

Maar, deurentyd het ek absoluut my bes probeer met reg te eet.

So, natuurlik kan julle verstaan hoe stomgeslaan ek was toe ek Saterdag op die skaal klim en sien dat ek ’n volle 200g verloor het. Ek wou sommer ’n romerige cappuccino met 4 suikers drink, net om my moedeloosheid in die koppie te kan verdrink…

Dit was so ’n moeilike week, en alhoewel ek vasgebyt het en nee gesê het vir al die sjokolade het ek NET 200g VERLOOR.
Ek kon dit nie glo nie. Ek wou sommer begin huil – hierdie is nie vir my nie, hoe gaan ek ooit gewig verloor as dit is hoe ek beloon gaan word aan die einde van ’n moeilike week? Selfs ’n halwe kilo sou my laat beter voel het. Hoe nou gemaak…?

En toe moes ek nog deur ’n urelange sessie sit om deur my eetplan te werk, ek was so ontsteld en negatief.

Starla, my SureSlim mentor, het toe vir my ’n koppie koffie gemaak (swart en bitter natuurlik), en my aangemoedig om nie nou tou op te gooi nie. Sy het my laat dink aan hoeveel gewig ek sou verloor het as ek nie al die waterretensie gehad het nie. ’n Mens sal nooit kan sê hoeveel vog by daai getal op die skaal getel kan word nie. My vingers lyk soos varkworsies, gereed om te bars en ek voel erg ongemaklik, maar oor 2 dae voel ek weer beter en dan sal volgende week se weeg net soveel beter gaan. En dit is ’n feit: volgende week gaan ek ’n baie beter getal op die skaal sien, ek moet net uithou!

So, ons het deur my eetplan gewerk en ek was regtig verbaas om te sien wat ek alles mag eet, en die porsies is nie te klein nie. Net om vir julle ’n idee te gee, onderaan is ’n foto van my ontbyt wat ek Saterdagoggend vir myself gemaak het: 2 eiers gebraai sonder olie, 95g gebraaide groente en 2 beskuitjies. Ek was glad nie honger daarna nie en ek het baie maklik deur die 5 ure se wag tot my volgende maaltyd gekom.

En so pak ek die volgende week aan, met my nuwe eetplan onder my arm en allerhande rou sade en omega-olies om in my dieet in te sluit, met ’n positiewe gemoed…okei, semi positief…en dalk semi negatief…

Ag wat, ek gaan maak soos daai een liedjie sê: “I don’t know if I’ll make it, but watch how good I’ll fake it.”
Tot volgende keer, simpel skaal!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.