kategorieë: Ontspanning

Wêreld-Eierdag

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
       

’n Dosyn eier-feite

1. Eiers bevat proteïne van die hoogste gehalte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Om vas te stel of ’n eier rou of hardgekook is, draai dit in die rondte. As die eier maklik tol, is dit hardgekook, maar as dit waggel, is dit rou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Die geel van ’n eier is een van die min voedselsoorte wat ’n natuurlike bron van vitamien D is.

4. Wanneer jy ’n eier per ongeluk laat val en die vloer bemors, gooi sout daaroor om dit vinnig skoon te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5. Die kleur van die eiergeel hang af van die hen se dieet.

6. Eiers verouder vinniger in een dag by kamertemperatuur as wanneer dit vir ’n week in die yskas bewaar word.

7. ’n Groot eier bevat slegs 240 kJ en 5g vet.

8. Eierproteïen bevat die volmaakte kombinasie van aminosure, die boustene waaruit protein saamgestel is. Jy gebruik dit om weefsel van alle soorte te bou.

9. Die gemiddelde hen lê tussen 300 en 325 eiers per jaar.
10. Dit neem ‘n hen tussen 14 en 26 uur om een eier te vorm.

11. Hoeouer die hen, hoe groter is die eiers wat sy lê.

12. Die Amerikaner, Howard Helmer, is die vinnigste omelet-maker in die wêreld. Hy kan 427 twee-eier omelette in slegs 30 minute maak. Hy hou 3 Guinness-rekords hiervoor.

Inligting verskaf deur thinkegg.com. Besoek die webblad vir meer interessante nuus oor eiers.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.