kategorieë: DieetGesondheid

Jou dieet: Die porsie-geheim … en hoe jy dit kan meet

Jou dieet: Die porsie-geheim … en hoe jy dit kan meet deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tyd vir ’n dieet? Die opsies is wyd: jy kan bant of na die ou gebalanseerde staatmaker-dieet terugkeer. Of die sjokolade-en-sjampanje-dieet op die proef stel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Of … of … of …

Vir nog dieet-raad, loer hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar elke dieet het een beginsel gemeen: porsiegrootte. Jou dieet spesifiseer vir seker hoeveelhede, soos 100 g brood of een eetlepel grondboonbotter.

Kosskaaltjies en maatbekers is die akkuraatste manier van meet maar geen mens sleep hulle oral saam nie. Dus raai en skat ons maar meestal. Daar is ’n geriefliker manier: jou hand. Dit is altyd … wel, byderhand!

Anders as skale is dit ook nuttig as ’n verpersoonlikte porsiegrootte. ’n Groot man het ’n groter porsie as ’n tingerige tienermeisie nodig. ’n Porsie vleis gegrond op sy handgrootte is ideaal vir hom, net soos ’n porsie vleis gemeet aan haar hand in die kol is.

Jou dieet sal voorskryf hoeveel porsies jy per dag of per ete kan gebruik. Al is handporsies nie so akkuraat soos ’n kosskaal nie is dit naby genoeg.

Porsies gegrond op jou hand lyk só

Die holte van jou hand = ’n Derde koppie, of 100-120 g

  • Ideaal vir vrugte: ’n Porsie vrugte is so groot soos ’n klein appel of nartjie.

Een Vingerpunt = Een teelepel of 5 g botter of olie

  • Ideaal vir botter of olie: Gebruik soveel botter op jou brood, of olie, mayonnaise of margarien vir braai en slaai.

Jou Handpalm = 100 g vleis

  • Die regte hoeveelheid vir vleis, vis, hoender, maalvleis en so aan is so groot en so dik soos jou palm. Die banting-dieet laat een teelepel vet toe terwyl die ander diëte alle sigbare vet weglaat.

Die vingers-deel van jou gebalde vuis = Halfkoppie of 150 g Styselgroente, jogurt of maaskaas

  • Pasta, aartappels, mie-lies, koring, quinoa, bulgur, patats, rys, koeskoes, lensies, ertjies, sousbone, ontbytpappe en ander stysels. Party diëte sluit wortels en beet hier in. Dit is ook gelyk aan ’n porsie jogurt, maaskaas en roomys.

Jou Duim se voorste lit = Een eetlepel, of 15 g Ongerasperde kaas, grondboonbotter of hoemoes

Jou volle gebalde vuis = Een koppie of 250 g nie-stysel groente of melk

  • Ideaal vir tamaties, groenbone, eiervrug, murgpampoen-tjies, soetrissies, komkommer, sampioene, al die soorte kool, al die soorte slaaiblare, spanspek, avokado en pynappel.
  • Een koppie melk is ’n porsie. Neem as ’n kwart koppie die houer tot by jou pinkie. ’n Halfkoppie is twee vingers diep, en ’n driekwartkoppie drie vingers.
  • ’n Halfkoppie gerasperde kaas is ’n porsie, met ander woorde ’n gebalde vuis, tot by twee vingers.

As jy nie dieet nie lyk jou porsies só

  • Hele wysvinger Een porsie sjokolade en ander lekkergoed oor die algemeen
  • Tien vingers Een vingerlengte is gelyk aan ’n aartappelskyfie, en tien is ’n porsie. Een neut per vingerpunt, en tien is ’n porsie, met twee pasella
  • Twee vingers Porsie koek, beskuit, koekie of ander gebak
  • Handpalm en vier vingers Porsie pizza
  • Handpalm Een sny brood, broodbolletjie. (Die kors van ’n tert of vleispasteitjie tel ook as ’n porsie brood).

Foto’s van hande: Filistimlyanin/istock images

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.