kategorieë: Bekendes

Bekendes se top skoonheidswenke

Bekendes se top skoonheidswenke deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kom ons wees gou eerlik: ons almal wonder altyd watter produkte, wenke en truuks bekendes gebruik om hul perfekte voorkomste te skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy as bekende op die rooitapyt of die silwerdoek verskyn, het jy dikwels ’n baie indrukwekkende groep wat agter die skerms vir jou voorkoms sorg en jou met raad en daad bystaan – van top grimeerkunstenaars en die beste haarstiliste tot stiliste wat jou uitrustings kies. Om nie eers te praat van die uitsoek-skoonheidsprodukte tot jou beskikking nie!

Met dit alles tot jou beskikking, kan dit seker regtig nie té moeilik wees om altyd prentjiemooi en perfek te lyk nie, nè? Maar bekendes het al erken dat die hope grimering en baie produkte op jou hare ook sy tol eis …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Hoe om perfek te lyk op foto’s

Hoe dan gemaak met ’n sensitiewe vel, ligte gelaatskleur of ’n droë kopvel? Wat is die geheim vir daardie pragtige velle en blink hare, of grimering wat ure lank perfek lyk? Hier is ’n klompie bekendes se gunstelingskoonheidswenke en grimeergeheime, spesiaal uitgesoek om jou te help om op jou beste te laat lyk.

Halle Berry se gemaalde koffie-wenk

Al ooit gewonder oor Halle Berry se perfekte vel? Ons het! Wel, volgens haar lê die geheim in gemaalde koffiebone. Sowaar! Halle voeg dit by die vloeibare reinigingsgel wat sy vir haar lyf gebruik, en gebruik dit dan as ’n afskilferaar om selluliet te voorkom. Die sagte afskilfering wat die gemaalde koffiebone bied, saam met die kafeïen, verhoog die bloedvloei terwyl die vel ook glad word. Dit verhoog ook sirkulasie en help voorkom water-retensie. Jy kan ook die gemaalde bone met warm water meng in plaas daarvan om dit met jou lyfwasproduk te meng.

Hillary Duff se gloeiende vel!

Hoe kry Hilary haar gloeiende voorkoms? Die antwoord is eenvoudig: gebruik ’n verfrissende gesigsproei (spray mist) voordat jy jou grimering aanwend. Dit help om ’n dowwe en moeë vel vinnig te verfris en weer te laat gloei. Kies ’n sproei wat anti-oksidante bevat en jou vel die hele dag gehidreer hou.

Lees ook: 20 wenke vir fotomooi-grimering

Rachel Bilson se grimeerverwyderaar

Rachel Bilson vertel dat sy daarvan hou om saans haar grimering met Vaseline af te haal. Sy sê dis ’n vinnige en maklike manier om alle grimering na ‘n lang dag te verwyder. Boonop is dit ook sag op die vel en uiters bevogtigend.

Wenk: Jy kan ook Vaseline in sy roomformaat gebruik om jou grimering te verwyder.  Maak net seker dat jy een gebruik wat geen reuke bevat wat dalk jou vel kan irriteer nie.

Lees ook: Tracey Lange se heel beste skoonheidsgeheime

Die sangeres Jewel se rooskleurige wange

Die gewilde sangeres Jewel sê liptint is haar geheim vir perfekte rooskleurige wange. Sy wend die tint onder haar onderlaag aan om ’n perfekte en natuurlike gloed te skep. Deur dit onder die onderlaag te gebruik, verseker sy dat die kleur nie te intens en oorweldigend is nie, en die onderlaag versag die voorkoms nog verder.

Lees ook: Erica Wessels se skoonheidsgeheime

Miranda Kerr se skitterende oë

Miranda Kerr is bekend vir haar groot, potblou oë, maar min mense ken haar geheim om dit nóg verder te beklemtoon… Dié supermodel vertel dat sy ’n deurskynende lipsalf as ’n verhelderaar rondom haar oë gebruik. Maak net seker as jy van dié wenk hou dat jy ’n natuurlike lipsalf gebruik en nie ’n lipglans nie.

Lees ook: Ons beste raad vir sagte, soenbare lippe

Shakira se velgeheim

Shakira weet hoe belangrik dit is om jou vel teen die son te beskerm. Daarom gebruik sy nie sonskerm vir volwassenes nie, maar baba-sonskerm. Dis dikwels sterker as gewone sonskerm – op dié manier word haar vel uiters goed teen skadelike sonstrale beskerm.

Lees ook: Skep ’n sonskermroetine vir jou kinders

Catherine Zeta-Jones se altyd-blink hare

Glo dit of nie, maar Catherine se geheim vir haar lang, blink, bruin hare is bier! Die vitamiene en aminosure in bier help om te verhoed dat hare vaal word, en die alkohol help om die opbou van vullis te verwyder. Die vitamiene B reguleer die olieproduksie van die kopvel. Die gis speel ook ’n belangrike rol – dit het ’n suur pH-vlak, wat beteken dat dit die haarskag sluit en as gevolg daarvan mooi, blink hare veroorsaak.

Lees ook: 6 wenke vir fotomooi hare

Probeer dié wenk: Nadat jy jou hare met jou gunstelingsjampoe gewas het, spoel jou hare af met ’n blikkie bier. Bedek jou hare daarna met ’n stortkappie en laat die bier in jou hare aanbly vir ongeveer 5 minute voordat jy dit goed afspoel.

Lees ook: 8 dinge wat jy moet weet voordat jy jou hare blond kleur

Mariah Carey se plomp lippe

Die geheim om plomper en voller lippe te kry is eenvoudig, en Mariah Carey is ’n groot aanhanger daarvan. Sy voeg ment-ekstrak by haar gunstelinglipglans voordat sy dit op haar lippe gebruik. Waarom juis ment-ekstrak? Ment verhoog sirkulasie, wat meer bloedvloei na jou lippe – en dus voller lippe – tot gevolg het. En as jy nie ment-ekstrak het nie? Probeer dan ’n ment-lipsalf of -glans.

Taylor Swift se bloedrooi lippe!

Taylor Swift vertel dat sy oor die jare ’n fantastiese lipstiffie-wenk by grimeerkunstenaars geleer het. Sit jou gunsteling rooi lipstiffie op, klad dan jou lippe met ’n sneesdoekie, sit poeier op die sneesdoekie en druk dit teen jou lippe. Sit dan weer jou lipstiffie aan – dit sal vir ure perfek lyk.

Lees ook: Leandie du Randt verklap haar skoonheidsgeheime

Ander bekendes se skoonheidwenke:

  • Jennifer Aniston smeer elke aand nadat sy haar grimering verwyder het Vaseline onder haar oë. Sy glo vas dat dit lyne en plooie voorkom.
  • Scarlett Johansson gebruik altyd ’n mat-onderlaag op haar vel, en gebruik dan glansgrimering daarby. Sy glo daarin om grimering in lae te doen en mat en blink saam te gebruik.
  • Lucy Liu skerts dat sy die nommer een aanhanger is van Eucerin Aquaphor. Sy het klein houertjies Aquaphor orals – in haar handsak, bedkassie-laai, paneelkissie en grimeersakkie. Sy glo daarin om deur die dag dié room op spesifieke dele (soos die wange, neus en onder jou oë) te gebruik om dit vars te laat lyk. Sy het dit Aqua-For-Everything gedoop!
  • Ellen Pompeo het die heel beste raad om daardie rokerige grimeervoorkoms vir jou oë te skep. Sy vertel dat jy eerste die area rondom jou oë moet bevogtig. Gebruik jou gunstelingroom en eers dán jou oogomlyner-potlood. Dié wenk veroorsaak dus dat jou oogpotlood natuurlik smeer en die perfekte rokerige voorkoms skep.
  • Emma Stone gebruik druiwepitolie in plaas van room op haar gesigsvel. Emma het al erken dat sy ’n baie sensitiewe vel het wat geneig is tot irritasies, en dat sy gevind het dat druiwepitolie die heel beste werk. Dis ’n baie ligte olie wat jou vel goed bevogtig.

Lees ook: Rolanda Marais se beste skoonheidsraad

Die 8 grootste velsorgfoute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.