kategorieë: Ontspanning

Eerste verjaardag vir dié indrukwekkende wynkroeg

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Bernard Fontanaz (Le Grand Domaine en Origin Wines) en Reino Kruger (Stellenview Premium Wines) by die vieringe.
Le Grand Domaine Enoteca het verlede week hul eerste verjaardag as baie suksesvolle wynkroeg en restaurant in die hartjie van Stellenbosch se Kerkstraat gevier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wyne van Suid-Afrikaanse, Swis en Argentynse oorsprong is met interessante peuselhappies gepasmaat. Gaste kon buite op die sypaadjie onder die sambrele kuier, terwyl die son sy goue strale oor die historiese Moederkerk aan die onderpunt van die straat gooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gaste kuier met Debbie Thompson (heel regs), wynmaker by Le Grand Domaine Wines, wat die lekker vonkelwyn gemaak het.

Gaste is met oesters en Le Grand Domaine Cap Classique ontvang, terwyl daar lekker gesels is met die wynmaker, Debbie Thompson, wat dié vonkelwyn gemaak het. Die vonkelwyn spog met 4.5 sterre in die Platter-wyngids, silwer medalje by Veritas 2022 en 91 punte in Decanter. Dis ’n 50% Chardonnay en 50% Pinot Noir versnit.

Gaste is met oesters en Le Grand Domaine Cap Classique ontvang, terwyl daar lekker gesels is met die wynmaker, Debbie Thompson wat die vonkelwyn gemaak het.

Die wynkroeg is vir die aand omskep in ’n informele proe-plek met tafels waar die verskillende wyne bedien is en kelners wat met die skinkborde peuselhappies bedien het.

Die eerste wyne was die Switserse Celliers de Vétroz Fendant 2022 en Argentynse Finca la Anita Chardonnay 2018 uit die Mendoza-streek. Eersgenoemde is ’n Chasselas en is nie houtverourder nie. Die twee witwyne is met erfenistamatie-flesse; salm en roomkaas bruschetta; eiervrug bruschetta en hoender sosaties met grondboontjiebottersous bedien.

Die Argentynse Finca la Anita Chardonnay 2018 uit die Mendoza-streek.
Die Argentynse Finca la Anita Chardonnay 2018 is met erfenistamatie-flesse; salm en roomkaas bruschetta; eiervrug bruschetta (foto) en hoender sosaties met grondboontjiebottersous bedien.

Die tweede stel wyne was die Switserse Les Celliers de Vetroz Shiraz 2016 en Argentynse Finca La Anita Malbec 2017 en Finca La Anita Pinot Noir 2018, wat met gepeperde beeshaas met Aioli en Fritto Misto (seekat en garnale) bedien is.

Die Argentynse Finca La Anita Malbec 2017 is met gepeperde beeshaas met Aioli en Fritto Misto (seekat en garnale) bedien.

Die sterre van die aand was die derde stel wyne, Magna Finca Malbec 2014, Symphonie ermitage flétrie 2014 en Rapsodie amigne flétrie 2012, wat met ’n indrukwekkende koek wat uit verskillende kase gebou, bedien is. Die Magna Finca Malbec 2014 kom uit 76 jaar oue wingerde wat meer as 850 m bo seespieël groei.

Die indrukwekkende koek wat uit Switserse kase gepak is, was deel van die peuselgoed wat saam met die Magna Finca Malbec 2014, Symphonie ermitage flétrie 2014 en Rapsodie amigne flétrie 2012 bedien is. more
Een van die sterre van die aand was die Magna Finca Malbec 2014, wat uit 76 jaar oue wingerde wat meer as 850 m bo seespieël groei, afkomstig is.

Nagereg was mini Franse appeltertjies.

Lees ook: Laat die kurke klap vir Klein Roosboom se vlagskip borrels

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

7 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

10 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

14 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

1 day Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

2 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.