kategorieë: In die nuus

Jou geiser het gebars. Wat nou?

“Dit is ook wanneer jy geneig is om uit te vind presies hoe betroubaar jou versekeringdekking is,” verduidelik Mandy Barrett van die versekeringsmakelaar Aon South Africa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is ’n goeie idee om vooruit te beplan en tyd te neem om die bewoording van jou versekeringdekking behoorlik na te gaan sodat jy met jou makelaar kan bevestig jy is gedek vir elke moontlike situasie. Nie alle versekeringspolisse word gelykmatig opgestel nie en huiseienaars moet seker maak hulle is gedek vir koste aan herstel- of vervangwerk aan ’n geiser, gebarste pype of skade aan plafonne, mure, matte, ligte, elektriese bedrading, ens.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vyf dinge wat jy moet oorweeg

1. Party polisse gee dekking aan skade, maar nie om geisers of pype te vervang (wat jou uiteindelik duisende rande uit die sak kan jaag), nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Sekere versekeringsmaatskappye stipuleer ’n oorskotbedrag per item waarvoor daar geëis word, in stede van een groot bedrag op die algehele eis.

3. Daar is ’n verskil tussen inhouddekking op geboue en huise. Dekking op gebou-inhoud dek die vervanging van bakstene en huishoudelike opnames (soos geisers, pype, plafonne, ens). Huishoudelike dekking verwys na huisinhoud. Skade aan items soos meubels of toestelle sal hieronder gedek wees. Sou jy vir beide dekkings eis, is daar ’n moontlikheid dat jy twee oorskietbedrae moet betaal aangesien dit as twee aparte eise aangeteken word.

4. Spreek ’n professionele makelaar vir raad oor jou polis se terme en voorwaardes, en om te verseker jy het die beste dekking vir jou begroting.

5. Opgradeer na ’n groen, volhoubare energieoplossing. Versekeringsmaatskappye soos Santam bied kliënte die geleentheid om hul beskadigde geisers met sonkrag- of hitte-opsies te vervang. Die kliënt betaal die verskil tussen die versekering se uitbetaling en die koste van die groen waterverwarmingstelsel.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.