Wees nou eerlik, is jy een van daai mense wat ALTYD laat is? Jou wekker het nie afgegaan nie, ’n pap band, druk verkeer, jou hond of kind wat siek word … Jou verkonings is kreatief en nimmereindigend. ’n Studie aan die Staatsuniversiteit van San Francisco het bevind dit is nie noodwendig omdat laatkommers nie jou tyd respekteer nie. Dit het eerder te doen met ’n persoonlikheidstipe wat van die adrenalienbruising hou wanneer hulle op die nippertjie opdaag. Byna soos ’n eindpoging wenstreep toe!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar wees gewaarsku, alewige laatkommery skep wel die indruk dat jy nie ander mense se tyd respekteer nie en ongeorganiseerd en geen selfbeheer het nie. Jy jaag boonop jou bloeddruk en stresvlakke deur die dak as jy altyd op die laaste oomblik iewers instorm.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Wees realisties: Mense wat gedurig laat is, is ewig optimisties oor hoe lank dit duur om take uit te voer of by plekke uit te kom. Skryf neer hoe lank jy dink dit jou neem om in die oggend aan te trek, hare te was, kinders ontbyt te gee, kantoor toe te ry … Hou dan ’n week lank boek van hoe lank dit jou werklik geneem het om dit te doen. Jy sal verbaas wees hoeveel langer dinge duur as jy realisties is. Mense wat gedurig laat is, is oor die algemeen 25-30% ooroptimisites met hierdie skatting. Jy mag dink dit duur 25 minute om soggens reg te maak terwyl dit in werklikheid nader aan 35 minute is.
• Gee jouself buffertyd: Wees eerder ’n paar minute te vroeg as te laat. Beplan om kwart voor nege vir ’n negeuur-afspraak op te daag. Jy kan altyd deur e-posse werk terwyl jy wag.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Weese meer georganiseerd: Beplan haarfyn voor die tyd om jou tyd te spaar. Maak toebroodjies vir die kinders en jouself die aand voor die tyd, besluit wat jy wil aantrek en sit jou klere reg, sorg dat jou sleutels reg lê by die voordeur … As jy gim toe gaan voor die tyd, pak jou sak en sit dit by voorbaat in die motor. Dek die tafel vir ontbyt die aand voor die tyd en sit ontbytpap uit.
• Dissipliseer jouself: As jy twee minute voor jy moet vertrek ’n e-pos ontvang, ignoreer dit. As iemand bel, sê jy skakel later terug.
• Gebruik tegnologie: Gebruik jou selfoon of rekenaar om jou te herinner aan afsprake en jou betyds waarsku.
• Gebruik ’n wekker: Stel jou selfoonwekker om jou betyds te hou. As jy besluit het dit neem 5 minute om te stort, stel jou wekker en draai die kraan toe as jy die wekker hoor.
• Wees realisties oor wat jy kan doen: As jy te veel probeer inpas, gaan jy nooit alles klaarkry nie. Leer om “nee” te sê as jy voor jou siel weet jy het nie genoeg tyd nie.
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.