kategorieë: WenkeMode

Jy kan ander kleure op Valentynsdag dra

Toor met pers

Die kleur pers bly ’n wenner wanneer dit kom by vroulikheid en sagtheid. Dit kom weinig in die natuur voor en daarom word dit ook as uniek beskou. Hoewel donker skakerings van pers met adellikheid geassosieer word, verteenwoordig ligter skakerings soos laventel- of pastelpers waardigheid, kreatiwiteit, misterie en towerkuns.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dra dit so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Glo dit of nie, maar die kleur pers komplimenteer enige ander kleur, maar is veral gewild saam met wynrooi, silwer, swart en wit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Trek aandag met oranje

’n Mens is geneig om oranje te vermy, omdat dit as ’n baie warm en helder kleur beskou word, maar deur die regte skakering te kies, kan hierdie kleur enige veltoon, van porselein tot kakao soos ’n droom laat lyk. Oranje is ’n kombinasie van geel se geluk en die energie van rooi. Dit word geassosieer met aantreklikheid, sukses, geluk en entoesiasme wat genoeg is om enige gemoed op te kikker.

Dra dit so:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoewel helder oranje-skakerings meer met donker veltone geassosieer word, wys die Golden Globes-wenner, Emma Stone, dat helder oranje tog pragtig kan lyk saam met enige veltoon. Vir ’n meer elegante en vroulike voorkoms, kies ’n ligter skakering.

Sweef in blou

Blou is altyd ’n staatmaker vir enige geleentheid. Dis die kleur van water en lug en simboliseer vertroue, lojaliteit, eerlikheid, wysheid en selfvertroue – perfek vir Valentynsdagvieringe.

Dra dit so:

Speel met blou van kop tot tone – blou word nie verniet met selfvertroue geassosieer nie. Ligte skakerings van blou kan saam met wit gedra word vir ’n vleiende tog helder voorkoms, terwyl donker bloue soos vlootblou pasmaats by rooi is.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.