kategorieë: KosGebakJy kan

JY KAN Brûlée

Die Franse woord “brûlée” beteken “brand”. Brûlée, soos crème brûlée en suurlemoen-brûlée-terte is ideale poedings, want jy kan dit maak lank voor jou gaste kom. Net die brûlée-deel moet op die nippertjie gedoen word, anders word die suiker sag en smelt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

STAP 1

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Koop sommer ’n glasblaasvlam by ’n ysterwarewinkel, of gaps jou man s’n! Strooi ’n dun lagie suiker soos versiersuiker of strooisuiker oor die poeding en vee die rande van die bakkies skoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

STAP 2

Sit die bakkies in ’n oondpan. (Die bakkies word baie warm, moet hulle nie optel terwyl jy brûlée nie.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

STAP 3

Beweeg die blaasvlam stadig en egalig oor die poeding tot gekaramelliseer. Indien jy van ’n dikker laag karamel hou, herhaal stap 1 en 2 eerder as om die suiker te dik oor te strooi.

Alternatief

– As jy nie ’n blaasvlam het nie, kan jy ’n nagereg soos crème brûlée direk onder die oondrooster sit. Die metode word nie aanbeveel wanneer jy terte met ’n kors wil brûlée nie, want die kors sal brand.

– Smelt andersins suiker in ’n pan oor matige hitte en laat karamelliseer tot ’n donker, goue karamel. Gooi oor die poeding en laat set.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

1 day Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.