kategorieë: Leef gesondGesondheid

Jy kan komplikasies ná ’n vaksien ontwikkel

Jy ken moontlik die geskiedenis van die MMR-vaksien en outisme. Hier is die feite in kort as jy dit gemis het – met die 2014-nadraai bygevoeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • In 1998  het die Brit, dr. Andrew Wakefield, navorsing gepubliseer wat aantoon dat die MMR-vaksien (teen masels, pampoentjies en Duitse masels) by sekere kinders lei tot outisme.
  • Verskeie ander groot en omvattende ondersoeke is geloods, maar geeneen kon Wakefield se bevindings bevestig nie. Almal het aangetoon daar is geen verband nie.
  • Maar ouers wou liewers veilig speel en het opgehou on hul kinders te vaksineer.
  • In 2004 het die ondersoekende joernalis Brian Deer bewys gelewer dat Wakefield data vervals het.
  • Die uiteinde is dat Wakefield se navorsing in 2004 gediskrediteer is, en hyself is in 2010 geskors.
  • Maar dit is nie die einde van die storie nie. In 2014 het CNN berig dat dr. William Thompson, wat die ondersoekspan na Wakefield se navorsing gelei het, beken het dat hy syfers oor die MMR-vaksien en outisme verdoesel het, en dat hy baie spyt is daaroor.
  • Die berig het soos ’n veldbrand versprei en ons opnuut wantrouig oor die MMR-vaksien gemaak.
  • Maar, weer eens was dit ’n kwessie van verdraaide woorde en vals nuus. Dr. Thompson het later by monde van sy prokureurs ’n verklaring uitgereik waarin hy sy standpunt duidelik stel – dat daar geen verband is tussen outisme en die maselsvaksien nie.

Die feit wat jy maar kan glo is dat die MMR-vaksien uiters veilig is, met minder as dertig gevalle van komplikasies per miljoen inentings. (Bron)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Komplikasies na vaksiene

Daar is twee afleidings te maak uit die storie:

Jy sou kon glo dat dit tog moontlik is dat vaksiene onveilig is – en alle vaksiene wantrou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Of

Jy sou kon glo dat vaksiene absoluut veilig is en géén newe-effekte het nie.

Albei is geldig én verkeerd. Wat mens laat wonder: wat moet jy weet van die HPV-vaksien? Dit word deesdae nie net vir dogters nie maar ook vir ons seuns aanbeveel.

Hoe veilig is vaksiene?

Die antwoord gaan oor relatiewe veiligheid. Kortom: wat is gevaarliker, die vaksien of die siekte?

Aangesien die maselsvaksien al sedert 1963 gebruik word is daar baie navorsing daaroor. Wat het dit ons geleer? ’n Kykie na die syfers is baie insiggewend:

• Volgens die Amerikaanse CDC het daar voor die MMR-vaksien elke jaar 3-4 miljoen Amerikaanse kinders masels gekry, van wie 400-500 dood is en 48 000 gehospitaliseer is.

• Komplikasies was algemeen. Rondom een uit elke 10 kinders het gehoorverlies en selfs doofheid na masels ontwikkel. Een it elke 1 000 het breinskade oorgehou en twee uit elke 1 000 het gesterf.

• Maar dit is ook ’n feit dat kinders wat gevaksineer word newe-effekte ontwikkel. Japanse statistiek gee dit as sowat 25 uit elke miljoen kinders, en Britse statistiek gee dit as 1 596 kinders per miljoen kinders.

• Kyk egter na die soort komplikasies: een uit elke 3 000 kinders kry koorsstuipe en een uit elke miljoen ontwikkel ’n ernstige allergiese reaksie. Vir die res is die komplikasies verbygaande koors (een uit elke ses kinders) of ’n uitslag wat gou oor is (een uit elke 20). Net 50 tot 1 600 kinders ontwikkel ernstige komplikasies.

Om die syfers makliker te vergelyk, kan ons dit syfers per miljoen uitdruk.

Vir masels lyk die syfers per miljoen kinders so:

3-4 miljoen aantal kinders wat masels gekry het per jaar, voor MMR

300 000 – 400 000           aantal kinders wat per jaar gehoorverlies ontwikkel het na masels

3 000 – 4 000                    aantal kinders per jaar wat breinskade oorgehou het na masels

400 – 4 000                         sterftes per jaar weens masels

Vir die vaksien lyk die syfers per miljoen vaksinerings so:

333                                 aantal kinders wa koorsstuipe kort na vaksinering kry

50 000                            aantal kinders wat ’n verbygaande uitslag ontwikkel

166 000                          aantal kinders wat ligte, verbygaande koors ontwikkel

1                                        aantal kinders wat ’n ernstige allergiese reaksie ontwikkel

25 aantal kinders wat volgens Japanse syfers permanente komplikasies oorhou

1 596                               aantal kinders wat volgens Britse syfers permanente komplikasies oorhou

Feit is dat al ís vaksiene nie 100% veilig nie, is jy baie veiliger daarmee as daarsonder.

Is die HPV vaksien veilig?

Alle vaksiene is ongelukkig nie ewe veilig nie – en die HPV-vaksien is die een wat die meeste komplikasies ontlok.

So vergelyk die verskillende ensieme van komplikasies:

Hoe vaksiene met mekaar vergelyk ten opsigte van die voorkoms van komplikasies.  (Bron )

Op die oog af skrik mens: Gardasil en Cervarix lyk ses keer meer gevaarlik as masels, en is verreweg die gevaarlikste vaksiene, met by verre die meeste komplikasies. Maar behou perspektief, net soos met masels.

Die syfers is per miljoen mense. Hierdie grafiek wys dat 150 na 180 mense per miljoen wat de HPV-vaksien ontvang het komplikasiese ontwikkel het. Dit is steeds bitter laag.

Die punt is egter of gevaksineerdes veiliger is, al kry hulle komplikasies, as ongevaksineerdes, met hul risiko op servikskanker? Dus: hoe lyk die risiko op servikskanker, as jy dit liewer wil waag?

In Suid-Afrika is dit volgens KANSA die tweede algemeenste kanker onder vroue. Volgens ons eie National Cancer Registry sterf rondom 3 000 vroue elke jaar hieraan. Een in agt vroue sal uiteindelik in hul leeftyd aan kankers verwant aan HPV sterf.

Die HPV-virus, wat ’n baie algemene virus is, veroorsaak nie net servikskanker nie. Dit word ook gekoppel aan kankers van die penis, vagina, vulva, anus, keel en tong. Ons het nie syfers hieroor nie maar volgens die CDC word dit gekoppel aan rondom 30 000 nuwe gevalle van hierdie groep kankers per jaar in die VSA. Hulle verwag dat die vaksien rondom 28 000 daarvan sal keer.

Dus, ten spyte van die risiko op komplikasies, beveel die VSA, Australië en Europa steeds die HPV-vaksien aan.

Japan het dit wel van hul lys van verpligte vaksienerings afgehaal maar dit bly beskikbaar. Hulle laat die keuse om die HPV-vaksien te kry aan die individu self oor.

Ons eie regering het dus ’n veldtog begin om alle dogters in Graad 4 te vaksineer. Dit is gratis maar die vaksien is ook by apteke beskikbaar, as jy verkies om self ’n vaksien te kies.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.