kategorieë: KosJy kan

JY KAN met steurgarnale kook

Vars steurgarnale moet liefs op die aankoopdag gaargemaak word. Indien jy nie vars steurgarnale in die hande kan kry nie, is rou, gevriesde steurgarnale jou beste keuse. Steurgarnale is hoogs bederfbaar en moenie ontdooi en weer gevries word nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

– Vermy steurgarnale wat afgedop, gekook en gevries is. Hulle is smaakloos en waterig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

– Sny die agterkant van die garnaal met ’n skerp mes oop – so 3 mm diep. Verwyder die dermpies en spoel die garnale af voor jy hulle gaarmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

– Vir die beste geur moet steurgarnale in hul doppe gaargemaak word, dit hou hulle ook heerlik sappig. Garnale is gaar wanneer die doppe ’n pragtige pienk kleur, vry van enige blou of grys merke, kry. Die vleis moet ferm en die doppe effens los wees. As jy wel die doppe verwyder, gebruik dit as geurmiddel vir soppe, souse of gegeurde botters.

– Kook of panbraai steurgarnale vir nie langer as 2-4 min. nie, afhangende van die grootte en of die doppe verwyder is. Let op die volgende wanneer jy steurgarnale koop:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

– Die doppe moet ferm en deursigtig wees, nie gebreek en glibberig nie.

– Daar moet geen merke of kolle op die kop of doppe wees nie en hulle moet vars en souterig soos die see ruik.

– Die oë moet blink en plomp wees. Vermy garnale sonder oë of waarvan die oë ingesak is.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

5 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.