kategorieë: Gesondheid

Jy kan koorsblare kortvat

As dit by koorsblare kom, voel ek asof ek wil uitroep: Jy ook, Koorsblaar? Presies soos Shakespeare se Julius Caesar teenoor sy beste vriend, Brutus, toe dié hom doodsteek. Want ’n koorsblaar ís ’n opperste rugsteker. As jy hom eers het, bly die koorsblaarvirus, Herpes Simplex 1, lewenslank in jou senuselknoppies waarvandaan hy toeslaan sodra dit sleg met jou gaan – soos wanneer jy reeds brongitis het, oormoeg is, of gespanne is oor ’n moeilike vergadering wat voorlê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

5 dinge wat jy van koorsblare moet weet

1 Álmal dra die koorsblaarvirus
Teen sewentig dra 90% van ons hom. Hoekom kry jy dan nooit ’n koorsblaar nie? Omdat die geluk – eintlik die regte gene – aan jou kant is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Koorsblare is ’n familieding
Maar nie omdat julle mekaar aansteek nie. Met spesifieke gene op chromosoom 21, kan jy die geneigdheid tot koorsblare na jou kinders oordra.

3 Daar is agt soorte herpesvirusse
Herpes 1 wat mondkoorsblare veroorsaak, Herpes 2 wat genitale herpes veroorsaak en Herpes zoster wat waterpokkies by kinders en gordelroos by ouer mense veroorsaak. Hodgkinsiekte, Kaposi se sarkoom en Burkittlimfoom het ook herpes as oorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 Herpes is ongeneesbaar
As jy hom het, het jy hom vir altyd. Die virus woon in die senu-knoppies waarvandaan die senuweeselle vertak. Wanneer jou gestel af is, hardloop dit as ’t ware langs die senuwees buite na die vel op jou lippe toe waar dit begin vermeerder.

5 Koorsblare is uiters aansteeklik
Jy kan ander mense aansteek solank die koorsblaar sigbaar is. Moenie in die tyd mense op die mond soen, saam aan ’n toebroodjie hap, deur dieselfde strooitjie suig en eetgerei deel nie. Was jou hande ná jy jou koorsblaar versorg het. En moenie nou aan jou oë of geslags-dele vat nie, want die virus kan daarheen versprei … anders as wat voorheen gedink is.

Die beste raad

Antivirussalf bly ou staatmakers wat die uitbraak darem met ’n dag of drie verkort.

Antiviruspille is net op voorskrif beskikbaar en net vir diegene wat werklik baie gereeld koorsblare kry. Sommige mense vind baat daarby om die blaar met ’n helende velsalf, soos sinksalf of vaseline klam te hou, terwyl ander die wond eerder laat uitdroog. Kyk maar wat vir jou die beste werk.

• Belê in jou tye van koorsblaarsmart ook in aanvullers wat jou immuunstelsel opbou, soos vitamien C (tot ’n 1 000 mg per dag) en lisien (lysine).

Lees ook: Pragtig op enige ouderdom: Sorg só vir jou vel

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.