kategorieë: WenkeMode

Jy kan: ’n nuwe voorkoms binne jou begroting

Vind jou regte grootte

Hierdie wenk is bo-aan ons lysie. As klere nie jou regte grootte is nie, is dit genoeg om jou hele voorkoms in die steek te laat. Koop klere wat lyk asof dit vir jóú gemaak is. As jy onseker is oor wat jou grootte of lyfvorm is, vra ’n winkelklerk vir hulp. Verstel klere wat te groot is of vormloos om jou hang. Maak belde jou beste vriendin – bind dit om ’n rok, jas of lospassende bloes sodat jy kurwes by jou heupe en middel skep.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vervang knope

Hierdie truuk het die vermoë om enige item soos ’n ontwerpersitem te laat lyk. Speel self ontwerper en verruil jou baadjie of winskopie-jas se eenvoudige knope vir buitegewones. Daar is slegs een goue reël: Hou by een soort knoop per item.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Klassiek met neutrale kleure

Ons het almal ’n gunstelingkleur wat ons klerekas oorheers, maar daar is iets omtrent aardse kleure (kameelkleur, vuilpienk of roomkleur) wat ’n duursame illusie skep. Ander kleurtemas is onder meer juweelklere soos smaraggroen, wynrooi en tanzanietblou wat staatmakers is vir ’n stylvolle voorkoms. Swart bly natuurlik altyd ’n verstekkleur, maar wees versigting vir verskillende skakerings daarvan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hou dit eenvoudig en minimalisties

Hierdie wenk geld vir jou bykomstighede én jou klere. Minder is meer en ook stylvoller. Dra slegs een fokusitem per uitrusting, maar as jy twyfel, hou eerder jou bykomstighede klassiek met diamant-oorbelle en ’n bypassende kettinghalssnoer.

Koop slim met materiaal

Verminder een daaglikse bekommernis: bly weg van materiale wat kreukel. Gekreukelde klere laat jou voorkoms dadelik meer slordig lyk. Katoen en satyn is materiale waarvoor jy versigtig moet wees. Koop eerder klere wat hoofsaaklik uit materiale soos polyester, wol, krimpelien en sy bestaan om elke dag op ’n gladde noot af te sluit.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.