kategorieë: Nuut & NouKosJy kan

JY KAN wildsvleis rook

1 Geur die wildsvleisfilet met gemaalde swartpeper. Verhit 30 ml olyfolie in ’n pan en braai 4 knoffelhuisies, 3 jenewerbessies en 3 naeltjies tot die knoffel goudbruin is en jy die speserye kan ruik. Braai die filet saam met die speserye en knoffel tot goudbruin, maar nie gaar nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2 Voer ’n groot wok met foelie uit met die blink kant na bo. Bedek die boom van die wok met saagsels. Sprinkel witwyn oor die saagsels en voeg die knoffel en speserye by. Sit ’n draadrakkie in die wok, en maak seker dat dit nie aan die saagsels raak nie. Sit die filet op die draadrakkie en maak die bokant van die wok toe met foelie met die blink kant na binne. Verhit oor matige hitte sodat die saagsels begin rook. Laat vir sowat 18-20 min. rook tot gaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3 Haal die filet uit, geur met growwe sout en laat vir 5 min. rus. Draai stewig toe met kleefplastiek en foelie en vries tot ferm. Sny die filet met ’n elektriese mes in papierdun skyfies. Geniet dit in slaai of op tuisgebakte brood.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

6 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.