kategorieë: DekorLeefstyl

Hoe om die regte kaggel te kies

Kies die regte kaggel met hierdie 6 wenke

  1. Kyk na jou begroting – neem als in ag – esktra benodighede wat somige kaggels moet hê, afwerkings, installasie en onderhoud.
  2. Wat is die kaggel se hoofdoel vir jou huis? Is dit slegs om jou huis op te warm, moet dit estetiese waarde hê of beide? Dit vergemaklik jou keuse wanneer jy na die verskillende kaggels gaan kyk.
  3. Kyk spesifiek na die afwerking van die kaggel en hoe dit sal inpas by die dekor van jou huis.
  4. ’n Kaggel se grootte speel ook ’n rol in hoe warm dit die vertrek, of huis, sal maak. Moenie dink dat ’n kaggel jou hele huis sal verwarm nie. Kies ’n spesifieke area in jou huis waar jy dit die beste sal benut. Daar is keuses – gas-vuurmaakplek, elektrisie vuurmaakplek of regte hout-vuurmaakplek.
  5. Kyk ook na die kaggel sonder dat dit aangesteek is – jy moet gelukkig wees met hierdie voorkoms, omdat jou kaggel nie heeldag gebruik gaan word nie.
  6. Kies ’n verkoper, of besigheid, wat die installasie van die kaggel ook sal doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons kyk na AGA, Morsø Fireplaces, Hydrofire en Komado JAN

AGA living lê klem op die gietyster-afwerking van hul kaggels. Die AGA Wenlock se voorkoms is tradisioneel met boogvormige panele en ’n prominente draad-handvatsel. Hierdie kaggel kan gebruik word as ’n fokuspunt in ’n vertrek. Dit is ideaal vir klein huisies, vertrekke of woonstelle. Jy kan die hitte self kontroleer en moenie onderskat word vir sy grootte nie. Dit is beskikbaar in matte swart.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

AGA

AGA

AGA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Morsø Fireplaces

Morsø Fireplaces is een van die beste omgewingsvriedelike kaggel-handelaars beskikbaar in Suid-Afrika. Hul ontwerpe strek van kontemporêr tot modern en selfs tradisioneel.

Morso 6140

Morsø 6140 is ’n losstaande verhitter met ’n moderne voorkoms. Minimalisties is die woord! Die glasdeur wys die mooi vlamme van die kaggel. Dit gebruik voorverhitte lug om ’n groter hitte omset te verskaf.

Morso 8170

Morsø 8170 kan teen ’n muur vasgeheg word. Stylvol en prakties. Hierdie kaggel kan selfs ’n groot vertrek verwarm.

Morso 04

Morsø 04 is die kleinste ontwerp van die ø-reeks. Dit het ’n fire-slide-effek wat maak dat dit die doel verrig van ’n groot kaggel, maar dit neem nie te veel plek op nie.

HYdrofire

Alle Hydrofire-kaggels word uit Europa ingevoer en moet voldoen aan ’n streng CE-sertifikasie. Dus is dit absolute kwaliteit.

Nero Lux (Hydrofire)

Nero Lux (wit)

Hierdie is ’n gunsteling losstaande kaggel, met sy wit afwerking en moderne voorkoms. Dit is ideaal vir klein tot medium ruimtes.

Nova (Hydrofire)

Nova (4 glas)

Met totale glaskante, verskaf die kaggel onderbreekte sig van die vlamme. Dit verhit medium- tot grootskaal areas, maar is steeds ekonomies met hout en dit dra by tot die estetiese waarde van die huis.

Kamado Jan

Komado JAN The Bachelor – Dit is gemaak van die beste kwaliteit keramiek. Die maklike bamboes-handvatsels maak dat jy dit maklik kan rondskuif. The Family Man is ideaal  vir ’n gesin, ’n braai of ’n Sondagmiddagete. Dit kan tot 4 heel hoenders op een slag gaarmaak.

Kamado JAN

Kamado JAN The Family

Verskaffers

• AGA – www.agaliving.co.za
• Hydrofire – www.hydrofire.co.za
• Komado JAN – www.kamadojan.co.za
• Morsø Fireplaces – www.morsoe.co.za

Lees ook: 5 maniere om kamers groter te laat lyk

Deel
Gepubliseer deur
Greta Gericke

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.