kategorieë: KersfeesKosSomerkos

Kalkoen met gegeurde botter en lemoensalsa

Genoeg vir 6 en nog ekstra vir die volgende dag. Ons het die kalkoen gaargemaak, gekerf en toe by kamertemperatuur voorgesit met ’n lemoensalsa bo-oor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: JY KAN kalkoen gaarmaak

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• 1 x 4-5 kg kalkoen, haal die binnegoed uit
• sout en gemaalde swartpeper
• ’n hand vol vars tiemietakkies
• 2 suurlemoene, in kwarte gesny
• 250 g (3 k) sagte botter
• 30 ml (2 e) heuning
• fyn gerasperde skil van 1 groot suurlemoen

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Salsa
• 2 lemoene, geskil en in segmente gesny
• 250 ml (1 k) pistasieneute, ruweg gekap
• hand vol Italiaanse pietersielie, fyn gekap
• 310 g (1 blikkie) mandarynskyfies (nartjie), gedreineer

Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
1 Geur die holte van die kalkoen met sout en gemaalde swartpeper. Meng die botter, heuning en suurlemoenskil. Begin by die nek van die kalkoen en druk 200 g van die gegeurde botter onder die vel van die kalkoen in. Wees versigtig as jy die vel oplig dat dit nie skeur nie. (Hou die res van die botter om oor die kalkoen te smeer terwyl dit bak.) Druk die tiemie en suurlemoenkwarte in die holte van die kalkoen. Geur die res van die kalkoen met sout en peper.
2 Bind die kalkoen op. (sien JY KAN kalkoen gaarmaak).
3 Sit die kalkoen op ’n draadrakkie in ’n diep oondpan en bedek die punte van die vlerkies en boudjies met foelie sodat dit nie brand nie.
4 Gooi 250 ml water in die oondpan. Bedek die kalkoen heeltemal met foelie.
5 Bak vir sowat 3½ uur op die onderste rakkie van die oond. Smeer elke 30 min. met die res van die botter. Haal ná 2½ uur die foelie af sodat die kalkoen die laaste uur goudkleurig kan bak. Toets of die kalkoen gaar is deur ’n skerp mespunt in die dikste deel van die boudjie te druk. As die vloeistof helder uitloop, behoort die kalkoen gaar te wees. Kerf soos verkies.
6 Meng die lemoensegmente, pistasieneute, pietersielie en mandarynskyfies en strooi oor die kalkoen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

54 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.