kategorieë: Gesondheid

Kan mans warmgloede kry?

’n Leser vra op Facebook of mans óók gloede kan kry wat soos die menopouse se warmgloede lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die antwoord?
Ja.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dit is tipies van die neuro-endokriene tumors (NETs) van veral die dunderm (40%) en organe soos die pankreas, lewer en longe,” sê dr. Frikkie Rademan, Kaapse chirurg wat hierdie kankers opereer. “Vantevore het ons gedink hulle is onskadelik. Nou weet ons hulle is stadige maar dodelike gewasse wat meestal vyf tot sewe jaar daar is voor iemand hulle opspoor. As ons hulle vroeg opspoor kan ons hulle uitsny voor dit te laat is. Teen die tyd dat jy pyn ervaar is die kanker goed gevestig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die probleem is om hulle te diagnoseer want die eerste tekens laat jou dink aan ander kwale. Dit kan bevoorbeeld verwar word met:

• ’n maagkwaal soos Crohnsiekte of prikkelbare dermsindroom, omdat jy ook maagpyn en chroniese diarree het
• ’n hartprobleem, omdat jy ook kortasem kan raak, jou hart klop kan vinnig, en jou bloeddruk val, veral tydens ’n gloed
• Asma, omdat die droë warmgloed van ’n NET tipies gesneller word deur veral sjokolade, okkerneute en piesangs. Baie mense ontwikkel daarmee saal ’n benoude, fluitende bors)
• Diabetes, omdat jou maag groter word en jy moeg en swak voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Maar daar is twee simptome wat NETs vroeg weggee – ongelukkig nie by almal nie.

Die eerste is ’n droë warmgloed.
Op die oog af lyk dit na ’n menopousale gloed maar dit verskil baie duidelik daarvan. En onthou mans én vroue kan ‘n NET-gloed ontwikkel. Vroue moet juis oplet hoe die twee verskil sodat hulle nie ‘n NET miskyk nie.

“Die tweede is chroniese diarree, veral snags, wat nie deur medikasie genees word nie.”
Kortom: vra jouself af of jou gloed droog of nat is. As jy daarmee saam die sweet moet afvee gaan na jou ginekoloog. As jy ’n warm raak maar kurkdroog bly gaan na ‘n internis.

Verskille tussen nat warmgloede van droë warmgloed
So lyk die verskille tussen ‘n menopousale gloed en ’n NET kankergloed:

So lyk die warmgloed van NETs (Neuro-endokriene kanker) Menopouse
Soort blos Warm en droog Warm en nat
Kleur Pienk, rooi, pers Rooi
Hoe lank dit duur Van ’n paar minute tot ure aaneen ’n Paar minute
Waar Gesig, nek, hele lyf, soms op die bene Gesig, nek, bors – nie die maag nie
Jy het dikwels daarmee saam ’n Benoude bors, lae bloeddruk, fyn spinnerak are Bloeddruk verander nie tydens ’n gloed nie
Dinge wat dit sneller Kos, veral drankies, sjokolade, okkerneute, piesangs. Stres. Oefening. Stres, alkohol en warm drinkgoed soos tee en koffie

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

2 days Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

2 days Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

3 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

3 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.