kategorieë: Gesondheid

Kankerbehandeling: Krag vir die dag

Kry krag vir die dag …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

As daar een tyd in jou lewe is wanneer jy maar teen Super Woman en Lara Croft mag afsteek, is dit met kankerbehandeling. Rus is nou die beste medisyne. Maar baie van ons moet tog bly werk. Vir ander is selfs kos kook of hare droogblaas uiters uitputtend. OTASA, die Arbeidsterapievereniging van Suid- Afrika, het planne sodat jy die bietjie energie wat jy wel het, baie verder kan rek. Onthou hul ses P’s:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 PERMISSIE Gee jouself toestemming om te rus en eerder hulp en ondersteuning te vra. Dit is net tydelik. Namate jy sterker word, sal jou uithouvermoë verbeter. Wie kan inkopies gaan doen? Die kinders rondry? Wát put jou uit, en wie doen dit in elk geval sodat hulle jou met min ekstra moeite kan uithelp? Kan jy iemand betaal om vir ’n paar weke met die noodsaaklikste takies te help?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 PRIORITISEER Trek voorlopig die supervroue se kleefpakkies uit en spaar jou krag vir net die take en pligte wat regtig belangrik en noodsaaklik is – en lekker ook. Wat kan wag tot môre? Of volgende week? Of selfs volgende jaar? Moenie skuldig voel nie. Almal verstaan. Jy sal later weer jou kant kan bring.

3 BEPLAN Dink soos ’n stelselingenieur: hoe kan jy alles met die minste moeite doen? Wat kan jy byderhand hou sodat jy dit nie hoef te gaan haal nie? As jy goed moet bymekaarmaak, hoe kan jy dit alles op een slag doen? Is daar take en stappe wat jy kan uitskakel? Of kombineer? Gestel jy maak kos: hou alles wat jy nodig het so naby moontlik aan jou werksvlak en stoof sodat jy nie onnodig hoef te loop, buk of rek om dit te kry nie. As jy wel moet loop, loop een draai en pak alles in ’n mandjie. En maak dubbel porsies sodat jy kan vries vir ’n volgende moeitevrye ete.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4 TEMPO Markeer die pas. Sit vir jouself rustydjies opsy – soveel en so lank as wat jy nodig het. Moenie slegs ná middagete rus nie. Rus liewer kort-kort. Nog vier ruswenke: Rus vóór jy moeg word; versprei die aktiwiteite wat baie energie verg deur die dag; wissel besige tye deur rustydjies af; en werk uit hoe jy ’n projek kan opbreek sodat jy tussendeur kan rus. Om kos kook as voorbeeld te gebruik: berei die vleis in die oggend, dek die tafel in die middag en maak die groente net voor ete.

5 POSISIE, POSISIE, POSISIE Dit vra meer energie om te staan en te stap. Sit en werk waar jy kan: sit as jy groente skil, sit en stryk, en sit terwyl jy hare blaas. Dit neem minder energie om dinge te stoot as te trek omdat die momentum van jou gewig bydra.

6 PROFESSIONEL HULP Soms het jy spesiale hulp nodig. Die eerste paar maande sukkel baie vroue met handvaardigheid en stywe, seer skouers wat dit moeilik maak om knope vas te maak of wasgoed te doen. Laat ’n arbeidsterapeut jou wys hoe om dit makliker te doen en watter hulpmiddels jou spesifiek kan help. Hulle kan ook versorgers oplei, jou gesin wys hoe om dinge vir almal makliker te maak, jou werksplek evalueer en aanbeveel hoe jy jou dagtake makliker kan uitvoer, en jou selfs ontspanningstegnieke leer om pyn baas te raak.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.