kategorieë: KalenderOntspanning

KANSA-kuier in die Kaap 2018

KANSA-kuier in die Kaap 2018 foto’s: Berna Coetzee Life Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die rooi rose Kansa-tee vir 2018 in Stellenbosch se stadsaal was weer baie spesiaal. Vanjaar was ons so gelukkig om ook in die Kaap vir SPAR as hoofborg te verwelkom. Die tema, “InSPARasie,” het aanleiding gegee tot geïnspireerde tafels met verbeeldingryke dekor en uithanggeregte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kort nadat die geselligheid amptelik begin het, het Lomie Laubscher uit haar rolstoel ’n kort woord aan almal gerig. Sy was nog beoordeelaar by die tee en het almal se harte geraak met haar positiewe en opgewekte woorde oor haar pad met kanker. Dit was vir ons ’n groot verlies dat sy ’n paar dae daarna, op 26 Oktober 2018, finaal gegroet het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pieter Koen het die leisels van die verrigtinge baie professioneel bymekaargehou maar nogtans met sy humor vermaak. RSG-aanbieder Martelize Brink se toespraak  het almal meegevoer met die boodskap om te alle tye die beste van jou omstandighede te maak. Brendan Peyper se sang het daarna heerlike vermaak verskaf.

Elkeen wat daar was, het die stylvolle dag geniet, veral ook die gelukkige trekking aan die einde met hope lieflike pryse.

Die geleentheid het ons opnuut laat besef hoe belangrik ’n goeie ondersteuningsnetwerk in die stryd teen kanker is. Daarom sê ons weer dankie aan elke borg, gasvrou en helper vir die rol wat julle in die sukses van die dag gespeel het. Sonder julle sal ons Kansa-tee nie van krag tot krag kan gaan nie.

Ons sien uit om volgende jaar weer saam met julle te werk.

Lees ook: Kansa-tee Bloemfontein 2018

Foto’s deur Berna Coetzee Life Photography

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.