Stellenbosch se KANSA-tee is soos gewoonlik ’n vrolike en swierige affêre waar ons lekker saamkuier. Vir die derde jaar dek die gasvroue volgens ’n gegewe tema ’n tafel vir tien mense (kompleet met teestelle, blomme, versierings en eetgoed) en verkoop dan die kaartjies aan hul gaste. So samel almal geld vir Kansa in én kuier lekker saam.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jana du Plessis, motiveringspreker en kankeroorwinnaar, is ons gasspreker. Die bekende sanger Willem Botha en die vroue van Jaloersbokkies gaan vir hope vermaak sorg. Willem het onder meer hoofrolle in die tweede en derde seisoen van Sterlopersvertolk, en is ook ’n talentvolle fotograaf. Die Jaloersbokkies is eg Kaaps soos breyani en koesisters, soos ghoema en winterreën Met liedjies wat nostalgies val op die oor, bekoor Jawaahier Petersen en Nedine Blom hul gehore met treffers soos “Grietjie van Gharies”, “Sarah de Jager” en ander piekniekliedjies en moppies.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Bring ’n ekstra geldjie vir die lootjies wat jy daar kan koop om van die verskeie lieflike pryse te kan wen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
DATUM
Saterdag 17 September 2016
TYD
09:00 vir 09:30
PLEK
Stellenbosch-stadsaal
KOSTE
R200 per persoon wat deur ’n gasvrou uitgenooi word, of ’n tafel vir ander gaste dek
TEMA
Herwin
Vir besprekings en inligting oor die verantwoordelikhede van ’n gasvrou, bel KANSA BESPREKINGS, Minette van Zyl, tel: +27 44 874 4824, sel 082 443 3601, e-pos mvzyl@cansa.org.za
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.