kategorieë: Reis

Karaktervolle La Vie Lente

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die droom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Uida Havinga is ‘n bedryfsingenieur wat ook in die korporatiewe wêreld ‘n draai gemaak het. Die geboorte van haar en haar man, Andrew, se seuntjie het haar nuut na die die lewe laat kyk. Vir haar was die kernelemente wat sy in haar ‘slow life’-droom wou kombineer:
*kosbare tyd met geliefdes
*eenvoudige vreugdesLa Vie Lente
*onpretensieuse kos, wyn, musiek en kuns
*die natuur wat genees en harmonie bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }



'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Sy het haar visie met binneversierder San-Mari Blignault gedeel en toe Uida se ouers hul huis op die Booyens-familieplaas as “speelplek” aanbied, was die koeël deur die kerk. San-Mari sou ‘n vennoot word en Andrew was ook betrokke. Vanaf September 2012 word impromptu kuiers, intieme onthale, klein konferensies en interaktiewe kook- en ander werkswinkels in die café, bistro en lieflike tuin aangebied.Terwyl die kinders bal skop op die ruim grasperk tussen die tafels, kom aptytwekkende Franse “ontbytborde” op ‘n skinkbord met ‘n bossie laventel na ons aangesweef. Op die rustieke houtplankies ontdek ons ‘n verskeidenheid Italiaanse koue vleise, kase, brode, ‘n gekookte eier, konserf en seisoensvrugte. Hoe klink San Daniele prosciutto-ham, mozzarella van buffelmelk, spanspek, tamatiepruim en ‘n bakkie pesto waarvoor ek heel moontlik my siel sal verkoop?

Dalk moet ek net noem dat die koek van die dag soutkaramel en grondboontjiebottertert, wortelkoek met wat alte veel na roosmalvaversiersel geproe het, en ‘n sjokolademoussekoek met vars bessie-coulis ingesluit het. Elke happie so verleidelik as wat dit klink.

Volg La Vie Lente gerus op Facebook.
Woensdae tot Vrydae 9.00 tot 15.00
Saterdae en Sondae 9.00 tot 16.00
Oop op sekere vakansiedae
By die Urban Farmhouse Boutique kry jy onder meer die mooiste Franse produkte en kombuisware.
072 916 7801, info@lavielente.co.za of www.lavielente.co.za.
Plot 242, Grahamweg, Tiegerpoort (die verlenging van Lynnwoodweg), Pretoria

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.