kategorieë: Bekendes

Karlien van Jaarsveld oor groen slym, boet Bobby en Paw Patrol

Jy is vanjaar by die NickFest betrokke. Hoe het dit gebeur?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ek is regtig bevoorreg dat hulle my gevra het! Ek is deur hulle gekontak en gevra om betrokke te wees. Ek is só opgewonde om deel van die Fest te wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

NickFest is dié slymfees van die jaar – duisende opgewonde kindertjies, bakke en bakke vol slym en boonop ’n lekker line-up van bekendes. Gaan jou seuns ook daar wees?

Ek is vreeslik opgewonde! My kinders is MAL oor Nickelodeon en ek kyk selfs saam. Ek is soms meer opgewonde oor Paw Patrol as hulle. Ek wil hulle graag saam neem om al die karakters te ontmoet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gril jy nie vir al daai slym nie?

Dit lyk vir my nog altyd na vet pret – so, as dit gebeur dat ek gaan deurloop, hoop ons net dat dit wel maklik af kom.

Ons hou baie van jou en boet Bobby se werklikheidsreeks Karlien en Bobby. Het die program jou uitkyk op die lewe verander?

Niks kan mens ooit vanselfsprekend aanvaar nie. Alles in die lewe is ’n voorreg en ’n blessing.

Van al die episodes wat tot dusver uitgesaai is, wat het jy vir jou uitgestaan?

Sjoe! Elke episode het maar sy oomblikke gehad. Vir my was Vernon se episode beslis een wat my lewe verander het, maar so ook elke ander een. Dit verander jou uitkyk en sieninge oor omstandighede en die wêreld.

Jy en Bobby is baie na aan mekaar. Hoe werk julle saam?

Ons was nog altyd, van kleintyd af, daar vir mekaar en maar altyd mekaar se konfidante. Deur dik en dun is familie waarop mens staat maak.

Waaraan werk jy tans?

Ek is tans besig om reg te maak vir ’n hele paar toere en optredes. Ek is ook vreeslik opgewonde oor my nuwe album wat amper uitkom!

Kry jou kaartjies vir NickFest 2017 hier

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

14 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.