kategorieë: KosGebak

Karringmelk-en-sjokolade-koek

Genoeg vir 1 middelslagkoek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

250 ml (1 k) water
125 g (¾ k) botter, in blokkies gesny
80 ml (¹⁄³ k) kakaopoeier, gesif
500 ml (2 k) koekmeel, gesif
5 ml (1 t) koeksoda
500 ml (2 k) strooisuiker
2 eiers
125 ml (½ k) karringmelk
5 ml (1 t) vanieljegeursel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sjokoladeversiersel
360 g (1 blik) karamelkondensmelk, glad geklop
100 g (1 blok) sjokolade, ruweg gekap

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer twee ronde 18 cm-koekpanne met bakpapier uit en smeer met botter.
2 Verhit die water, botter en kakao in ’n klein kastrol oor matige hitte en roer tot dit gesmelt is.
3 Sif en meng die meel, koeksoda en suiker in ’n mengbak en voeg die bottermengsel by. Meng goed.
4 Voeg die eiers, karringmelk en vanieljegeursel by en klop om ’n gladde mengsel te vorm.
5 Gooi gelyke hoeveelhede van die beslag in die koekpanne en bak vir 35–40 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat vir 10 min. in die koekpanne afkoel en keer dan op afkoelrakkies uit.
6 Smelt die sjokolade oor ’n dubbelkoker terwyl die koek bak. Voeg die karamelkondensmelk by en meng deeglik.
7 Versier die koeke met die sjokoladeversiersel en sit opmekaar om ’n laagkoek te vorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.