kategorieë: Drankies

Word ’n wynfoendi

Vat ’n slukkie van die wyn – trek dit deur jou tande oor jou tong en skommel dit in jou mond rond (moenie bekommerd wees nie, dit beïndruk mense eindeloos, al klink dit soms aardig).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sluk die wyn af en blaas liggies deur jou neus. Dit sal jou help om dit wat jy op jou tong opgetel het, ook op die neus te ervaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kyk nadenkend op (of af) en maak intelligente klanke soos “mmmm”.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vra jouself af:

Hoe voel die wyn op jou tong? Is die wyn “swaar” of “lig”, voel dit sag en rond, of ervaar jy dit as skerp?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

JOU OPMERKING: ’n Volronde, robuuste wyn, (rooiwyn) / die wyn is lig en kraakvars op die tong (witwyn).

Ervaar jy die wyn as soet of droog (indien jy ’n witwyn proe)? Daar behoort altyd ’n balans tussen die suiker en asiditeit (suur) in die wyn te wees, selfs in ’n natuurlike soetwyn. Asiditeit word aan die sykante van die tong ervaar en mense verwar dit soms met tannien. JOU OPMERKING: Die suurgehalte is te hoog na my smaak / goed gebalanseer.

Ervaar jy baie tannien op jou tong (indien jy ’n rooiwyn proe)? Dit sal jou tong en mond droog laat voel.

JOU OPMERKING: Die wyn is gestruktureerd – lekker stewige tannien / die tannien oorheers die wyn, maar sal met verloop van tyd verbeter.

Is die wyn gehout? (vir witwyn proe), of tel jy die eikehout in ’n rooiwyn op?

JOU OPMERKING: Sagte eikehoutondertone op die palet.

Het die wyn ’n lang nasmaak, of verdwyn dit op jou tong? JOU OPMERKING: Die wyn het ’n talmende nasmaak / ’n elegante wyn met lengte.

5 gesonde redes om rooiwyn te drink

1 In die jare tagtig het die Wêreldgesondheidsorganisasie bevind dat die Franse, ondanks hul ryk eetgewoontes, die laagste sterftesyfer aan hartsiektes in die Westerse wêreld het. Dit staan bekend as die “Franse Paradoks” en word toegeskryf aan die Franse se rojale gebruik van rooiwyn.

2 Die Universiteit van Connecticut het daarna verder bewys dat die matige inname van rooiwyn koronêre hartsiektes help voorkom.

3 Rooiwyn bevat ’n verskeidenheid antioksidante soos resveratrol wat volgens navorsers kanker sowel as kardiovaskulêre siektes kan voorkom, en ook ’n anti-inflammatoriese effek het.

4 Volgens die Universiteit van Virginia vernietig wyn wat saam met ete geniet word, sommer terselfdertyd enige bakterieë wat met voedselvergiftiging verbind word.

5 Navorsing dui ook daarop dat die alkohol in rooiwyn tot die vermindering van bloedklonte en die verslapping van bloedvate kan lei.

Lees ook: Nuwe verouderde vonkelwyn vir Spier

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.