Ken jou koolhidrate vir Banting

Die belangrikste beginsel van Banting is om koolhidrate te beperk. As jy gewig wil verloor moet jy mik vir 20 g koolhidrate per dag; as jy jou gewig wil handhaaf is 50-100 g reg vir die meeste mense. Dit hang af van jou lewenstyl en metabolisme.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar dit gebeur mos keer op keer dat ’n ete by vriende of ’n feestelike restaurant-ete propvol koolhidrate is en al jou tellings omvergooi. Dan het jy twee keuses: óf jy kul óf jy sit droëbek en teug aan jou botteltjie water … tensy jy weet wat jy kan kies sodat jy gesellig en tog binne jou dieet bly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons het hierdie lys van algemene kosse met hul koolhidraatwaardes opgestel. Om dit ’n lekker uitdaging vir Banters te maak, kan jy hierdie items in volgorde van minste koolhidrate (en dus die beste keuse as jy bant) tot meeste koolhidrate rangskik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die regte volgorde is onderaan die artikel, as jy direk daarheen wil beweeg.

Ons het Die Banting Sakgids (R140, beskikbaar by die meeste boekwinkels) as bron gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Beste kosse met die minste koolhidrate vir die Banting-dieet

Sluit die kosse wat jy die graagste eet die volgende in? Kyk of jy dit kan rangskik van die beste kos tot die slegste kos vir Banters.

  • Omelet (3 eiers)
  • Cordon bleu-varksteak
  • 100 g afval
  • 100 g wors
  • 100 g perlemoen
  • 110 g mossels
  • 100 g kreef
  • 50 g spanspek
  • 12 amandels
  • 2 t chiasaad
  • 2 t pampoensaad
  • 2 t sonneblomsaad
  • Glas sjampanje
  • Glas wit- of rooiwyn
  • 30 g van die meeste kase
  • 1 k volroom melk
  • 1/3 k volroom jogurt
  • tee of koffie met melk en een teelepel suiker
  • tee of koffie met melk sonder suiker
  • 100 g beet
  • 100 g wortel
  • 100 g patat

Lys van kosse met die minste koolhidrate

Die hoofbeginsels waarop die Banting-dieet berus, is dat jy min koolhidrate eet. Koolhidrate skuil oral – nie net in brood, koek, lekkers, koeldranke en alles met baie suiker nie.

Dit is baie handig as jy die koolhidraattellings van ’n paar basiese kositems ken. As jy dus vinnig moet besluit, weet jy dadelik wat die beste keuses is.

Het jy klaar die items hierbo gerangskik? Kyk of jy reg is en maak gereed vir ’n paar lekker verrassings! Dit is baie lekker om te sien wat ’n mens alles sonder skade kan kies.

Koolhidraattellings van kos met die minste koolhidrate na die meeste koolhidrate

Die hoeveelheid koolhidrate in ’n tipiese porsie staan in hakies langs elkeen.

  1.  Drie-eier omelet (1 g)
  2.  30 g van die meeste soorte kase (1.2 g)
  3.  twee teelepels sonneblomsaad (1.2 g)
  4.  een koppie tee of koffie met melk sonder suiker (1.4 g)
  5.  twaalf amandels (2.6 g)
  6.  een glas wyn (3 g)
  7.  twee teelepels pampoensaad (3.6 g)
  8.  50 g spanspek (3.6 g)
  9.  100 g kreef (3 g)
  10.  100 g afval (4 g)
  11.  twee teelepels chiasaad (4.2 g)
  12.  ’n klein 100 g cordon bleu-varksteak (5 g)
  13.  100 g wors (5 g)
  14.  een glas sjampanje (5 g)
  15.  100 g wortels (5.3 g)
  16. een koppie tee of koffie met melk en een teelepel suiker (5.4 g)
  17.  een derde koppie jogurt (5.8 g)
  18. 100 g mossels (7.6 g)
  19. 100 g beet (8 g)
  20. een koppie melk (12 g)
  21. 100 g perlemoen (14.6 g)
  22. 100 g patat (17.4 g)

Lees ook: Volledige koslys vir die Alzheimer MIND-dieet

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.