kategorieë: Nuut & NouKos

Ken jou vleissnitte

Gaan maak ’n draai by jou slagter vóór jy die vleisbraaivuur aansteek. Daar is ’n uitgebreide reeks vleissnitte wat nommerpas vir ’n braai is. Vra die kundige slagter as jy ’n spesifieke snit in gedagte het, of nie seker van die gaarmaakmetode is nie. Hul verskeidenheid gemarineerde vleis sal elke smaak pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wenke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Kies ferm, helder rooi vleis.
  • Kyk wanneer die vervaldatum is.
  • Sorg dat daar nie gate of ekstra vloeistof in die verpakking is nie.
  • Bêre die vleis op die onderste rak van die yskas (die koudste plek) sodat bloed nie in ander kosse inloop nie.
  • Kruisstuk (rump), bolendeskyf (porterhouse) en lendeskyf (sirloin) bevat meer vet as filet en kan daarom smaakvoller wees. Maak dit vinnig oor baie warm kole gaar.
  • Filet (gewis die duurste) moet net vir ’n kort rukkie oor baie warm kole gebraai word. ’n Filet kan heel oor die kole gerooster word en later in dun lappies gesny word, of jy kan dit voor die tyd in dik skywe sny en vinnig oor die kole rooster. Vir die beste resultate behoort jy die skywe vir 5 min. aan ’n kant te braai en net een keer om te draai.
  • Lamsnoisettes: ’n Noisette word gewoonlik uit die lende gesny, is beenloos en daarom ’n heerlike stukkie vleis om oor die kole gaar te maak.
  • Lamslendetjops: Lamvleis behoort nooit gaarder as ligpienk voorgesit te word nie. Draai die tjops op hul sye om die vet behoorlik bros te laat word vir die lekkerste smakie.

Filet

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bolendeskyf (porterhouse)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kruisstuk (rump)

Lamslendetjops

Lamsnoisettes

Wors

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.