kategorieë: TrendsMode

Ken jy die kenmerke van ontwerpers?

Ken jy die kenmerke van ontwerpers? Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Burberry

Burberry is bekend vir hul ruitpatroon in rooi, wit, swart en kameelkleur. Hierdie patroon het eens begin as ’n voering vir jasse, maar het vinnig in ’n kenmerkende gunsteling ontwikkel – vanaf sambrele en stewels tot handsakke, en vandag is hierdie patroon iewers deel van elke Burberry-item.

Burberry se voorkoms is ’n kombinasie van ’n bietjie uitdagend dog gesofistikeerd. Dit skep ’n ultra-sjiek afronding tot enige uitrusting. Bekendes soos David en Victoria Beckham was van die eerstes wat Burberry op die rooitapyt en geleenthede gedra het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hul nuutste herfs-/winterreeks stel ’n versameling bekend wat verskillende ruimtes verteenwoordig. ’n Gestruktureerde, meer tradisionele styl vir ’n formeler voorkoms, maar met ’n rebelse kinkel om daardie dualistiese eienskap van elke kledingstuk uit te beeld.

Lees ook: Lyk ryk met min geld: Ons wys jou hoe!

Balmain

As jy aan die Balmain-styl dink, dink jy dikwels aan militêre baadjies met kantige afwerkings en dramatiese silhoeëtlyne. Die versierde en ekspressiewe styl het sinoniem met hierdie Franse modehuis geword. Modelle en kliënte word as die “Balmain Army bestempel om daardie outentieke gevoel aan voorkomste weer te gee.

Die militêre tendens is afkomstig van Pierre Balmain se tyd in die Franse Lugmag tydens die Tweede Wêreldoorlog. Met sy terugkeer na die siviele lewe het hy voluit daarop begin fokus om die skoonheid van die “couture”-styl weer terug te bring.

Die Balmain-styl is alles van sexy en byderwets tot elegant en modern in een kledingstuk. Dink aan stene, metaalknoppies en kettings, oorgroot skouers en skerphoekige lyne om hierdie voorkoms te verkry.

Lees ook: 16 maniere om geld op jou klerekas te spaar

Dior

Christian Dior het ’n voorkoms geskep vir die gesofistikeerde vrou wat simplisties met elegant wil kombineer.

Sedert sy eerste Paryse vertoning in 1947 het hy die mode-industrie op sy kop gedraai met sy revolusionêre styl. Met elke reeks het hy sy glansryke en luukse voorkoms behou, maar gemeng met kontemporêre style van die dag.

Jy sal dikwels sagte netsymateriaal iewers in die uitrustings opmerk wat kontrasteer met dik woltruie en dramatiese jasse. Die afgelope paar jaar het hy ook unieke dieremotiewe op klassieke items laat verskyn soos Goue Apporteerhonde op ’n ligte blou minirokkie. Meng-en-pas vroulikheid met statigheid en eksperimenteer met sagtheid teenoor gestruktureerdheid om die Dior-styl te kry.

Lees ook: 10 mode-dinge wat jy voor 40 moet hê en weet

Gucci

’n Mens kan nie anders as om aan daardie goue slang-en-ketting-duo te dink as jy die naam Gucci hoor nie.

Gucci het in ’n baie kort tyd een van die wêreld se mees respekteerde handelsname geword. As gevolg van sy populariteit is hierdie ontwerpe ongelukkig ook van dié wat die meeste nageboots word deur na-apers in die massaproduksiebedryf.

Die ontwerpe word herken deur ’n onderliggende uitlokkendheid in prettige en jeugdige ontwerpe. Dit lewer kommentaar op die groei van die skone jeugjare na volgroeide sensualiteit. Die uitrustings is kleurvol, patroonryk en besig, maar die buitelyne bly steeds eenvoudig met ’n enkele spleet of uitklokmoue. Sterk en buitegewone dieremotiewe soos slange en tiere is ook dikwels teenwoordig.

Elke voorkoms word natuurlik met die bekende “G” afgerond.

Lees ook: Die toeknooprok: 1 rok, ses maniere

Chanel

Stigter Coco Chanel het haar handelsnaam afgeskop met klassieke swart rokkies en kraaglose broekpakke om ’n gemakliker voorkoms vir die vrou te bied en het self as die voorganger van haar eie simplistiese en gesofistikeerde styl opgetree. Bykomstighede soos stringe pêrels het hierdie style versier. Haar gesegde was “luuksheid moet gemaklik wees, anders is dit nie luuks nie,” en dit bly steeds die fokus van dié modehuis.

Sy het haar oornag bekendheid gewerf op ’n koue dag toe sy ’n verlengde trui as ’n rok gedra het. Mense het haar daaroor gevra en sy het aangebied om dit vir hulle te maak.

Ongeveer ’n dekade na Coco se dood het Karl Lagerfeld die leisels oorgeneem in die Chanel-huis. Deur die jare het hy Coco se swart-en-wit-uitrustings verder gemotiveer en die praktiese element tot luuksheid verhef.

Ter ere aan Karl Lagerfeld se dood vroeër hierdie jaar het die onlangste Chanel-reeks hulde aan die oorspronklike style gebring. Die bekende tweed-patroon in swart en wit was in oorvloed in al wat ’n baadjie, romp of jas is te sien.

Lees ook: Ons 15 gunsteling-feite oor Karl Lagerfeld

Alexander McQueen

Alexander McQueen word beskryf as die ontwerper wat reëls breek. Hy het sedert sy eerste vertoning die gehoor geskok met kontroversiële style wat ’n teatrale atmosfeer skep. Verder is hy bekend vir die duister en somber temas in sy reekse, maar terseldertyd kry hy dit reg om ’n onbetwisbare skoonheid te weerspieël.

Vir hierdie ontwerper is mode meer as net ’n stuk materiaal en ’n paar skoene – dis ’n daaglikse vorm van kuns wat kwessies soos politiek, distopia en verandering uitbeeld. Hoe meer kuns, hoe beter!

Lees ook: Ons 6 gunsteling-Marie Kondo-pakwenke

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.