Kerriehoenderpastei met maklike aartappeldeeg
Bestanddele
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
- 200 g bruismeel
- 150 g koue botter
- 200 g gaar kapokaartappels (mashed potatoes), afgekoel
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Vulsel
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
- 1 heel hoender van sowat 1,4 kg
- sout en gemaalde swartpeper
- 10 ml (2 t) elk komyn en koljander
- 15 ml (1 e) kerriepoeier
- ’n knypie kaneel
- 60 ml (¼ k) olie
- 15 ml (1 e) botter
- 1 ui, gekap
- 10 ml (2 t) elk gekapte knoffel, gemmer en rissie
- 30 ml (1 e) Thaise rooikerriepasta
- ½ blik klapperroom
- 1 x 400 g-blik heel geskilde tamaties
- 60 ml (¼ k) grondboontjiebotter
- 60 ml (¼ k) mielieblom (Maizena) aangemaak met 15 ml (1 e) water
- 1 eier, liggies geklits
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Metode
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Deeg
- Sit die meel in ’n groot mengbak.
- Vryf die botter met jou vingerpunte in die meel in tot die mengsel soos broodkrummels lyk.
- Meng die aartappel by tot die deeg net bymekaarkom. Verdeel die deeg in 2 en draai elke stuk in kleefplastiek toe.
- Sit vir minstens 2 uur in die yskas.
Vulsel
- Sit die hoender in ’n oondpan en geur die holte met sout en peper.
- Meng die speserye en olie en smeer oral oor die hoender.
- Rooster die hoender vir 1 uur 20 min. tot gaar. Laat afkoel.
- Trek die vleis met jou vingers van die been af.
- Smelt die botter in ’n kastrol. Braai die ui, knoffel, gemmer en rissie daarin tot sag.
- Gooi die kerriepasta by en braai vir nog 3 min.
- Gooi die klapperroom, tamatie en grondboontjiebotter by en laat saam kook.
- Draai die hitte laer en laat prut vir 30 min.
- Roer die aangemaakte mielieblom by en laat prut vir nog 10 min.
- Gooi die hoendervleis by en verhit. Laat afkoel.
- Werk met een stuk deeg op ’n slag en rol elk op ’n skoon, meelbestrooide vlak uit tot 7 mm dik.
- Voer ’n diep 21 cm x 26 cm pan met die een helfte uit.
- Skep die hoendervulsel in en bedek met die res van die deeg.
- Verf liggies met eier en bak vir 30-40 min. of tot goudbruin en gaar.
Onlangse plasings
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.