kategorieë: DekorLeefstyl

Kies die regte kaggel vir jou huis

Kies die regte kaggel vir jou huis deur: Cornel Dunn en Elandrè Swart. Hooffoto: tomap49 / istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Oop vuurherd

’n Oop herd mag dalk die mees romantiese weergawe van ’n kaggelvuur wees, behalwe dat jy meer as die helfte van die hitte verloor omdat dit direk in die skoorsteen opgaan. Dit beteken dat daar meer energie gebruik word wat hierdie opsie minder kostedoeltreffend en minder ekovriendelik as alternatiewe vuurmaakplekke maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die skoonmaak van oop herde is ook tydrowend hoewel hulle goedkoper is.

Hierdie soort kaggels word normaalweg geïnstalleer wanneer die huis gebou word en heelwat ou geboue bevat hierdie tipe vuurherde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Ruk jou huis reg vir die winter

Foto: pixabay

Geslote vuurherde

Dié vuurmaakplekke gebruik hout sowel as steenkool en is baie doeltreffend – tagtig persent van die hitte wat gegenereer word, word direk in die vertrek versprei. Dit maak hulle ligter op brandstof en makliker om skoon te hou.

’n Geslote kaggel verhit die vertrek vinnig en is sag op die oog. Daar is ’n groot verskeidenheid ontwerpe om by elke koper se dekor te pas. Hulle is, helaas, peperduur.

Lees ook: Besluit só oor die 5 belangrikste beleggings vir jou huis

  1. Megamaster Vico gietyster vuurherd 6kw, R4 990, Builders – hierdie is ’n produk en prys van 2019. Pryse en produkte mag verskil en is slegs gebruik as voorbeeld.
  2. Premier European geslote vuurherd, R6 999, Takealot – hierdie is ’n produk en prys van 2019. Pryse en produkte mag verskil en is slegs gebruik as voorbeeld.

Skoorsteenlose gas-vuurherde

Dié kaggels het nie ’n skoorsteen nodig nie en kan enige plek in die vertrek geplaas word. Daarby verskaf hulle dieselfde vlamme as ’n regte vuur. Jy hoef dit ook nie skoon te maak nie.

Lees ook: Die 11 grootste dekorneigings vir 2019 waarvan jy moet weet

  1. Chad-o-chef gas-vuurherd, R14 499 – R16 599, Gasextreme – hierdie is ’n produk en prys van 2019. Pryse en produkte mag verskil en is slegs gebruik as voorbeeld.
  2. Skoorskeenlose gas-vuurherd FGB011, R13 884, Lava Fires – hierdie is ’n produk en prys van 2019. Pryse en produkte mag verskil en is slegs gebruik as voorbeeld.

Lees ook: Agter die skerms by ons dekor-artikels

Verskaffers

Gasextreme | gasextreme.co.za

Builders | builders.co.za

Takealot | takealot.com

Lava Fires | lavafires.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.