Bestanddele
- 250 ml (1 k) koekmeel
- 10 ml (2 t) koeksoda
- 5 ml (1 t) sout
- 310 ml (1 1/2 k) semels
- 60 ml (4 e) bruinsuiker
- 125 ml (1/2 k) sultanas
- 300 ml (1 k + 3 e) karringmelk
- 2 eiers
- 4 rooi appels, gerasper
Metode
Voorverhit die oond tot 200 ºC; spuit ’n muffinpan met kleefwerende kossproei.
- Sif die koekmeel, koeksoda en sout saam.
- Voeg die semels, suiker en sultanas by.
- Meng die karringmelk, eiers en appel, en klits tot skuimerig (moenie te veel klits nie). Voeg die mengsel by die droë bestanddele en meng goed.
- Giet elke holtetjie drie kwart vol met die muffinmengsel.
- Bak 15-18 min. tot gaar en goudbruin. Dit is ’n klam muffin met ’n sonderlinge tekstuur – al lyk hulle nie gaar nie, behoort hulle ná die aanbevole baktyd gaar te wees.