Classic Cats se wortels lê in Stellenbosch op Vredenheim Wynlandgoed en word bestuur deur ’n passievolle entoesias. Hulle is perfek geleë om kliënte persoonlike en vriendelike diens te bied. Hulle spesialiseer in chauffeur aangedrewe klassieke motors wat jou toelaat om met styl en elegansie by spesiale geleenthede te arriveer. Hulle bied ook eksklusiewe toere in die prag motors waarmee jy die wynlande kan besigtig. Verskeie pakette is beskikbaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Motors kan per afspraak besigtig word en word in en om die Wynlande van Stellenbosch tot by Robertson, Wellington, Somerset Wes, Franschoek asook Kaapstad gebruik. Al die motors is gerestoureer tot die hoogste standaarde en bied verkoeling in die interieur om gemak en satisfaksie te verseker. Behalwe vir die Jaguar-modelle kan ’n 1958 Volkswagen Beetle,1970 Mercedes Benz 280SE en ’n 1968 Volkswagen Variant Fastback ook bespreek word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Ons was bevoorreg om een van Classic Cats se klassieke prag motors in ons Augustus 2014-uitgawe se mode-fotosessie te gebruik. Die 1958 Jaguar Mark VIII 3.4 (Ebony over Ivory), is grasieus en elegant vir so ’n reus. Antieke hout piekniek-tafels skuif uit van agter die voorste sitplekke, perfek as ’n staanplekkie vir jou glas sjampanje. As passasier kan jy terugleuen teen die stylvolle roomkleurige leersitplekke en die weelderigheid wat jou omring, waardeer.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.