Foto: Pixabay
Die dae wat jy ’n lang rok na ’n swart, formele troue moet dra, is verby. Jy kan nou ’n korter rok dra, solank dit ’n knië-lengte styl is met ’n couture-aanvoeling. Dit is wel steeds ’n stylvolle en veilige opsie om ’n lang rok te dra. En hoeveel keer kry jy die geleentheid om glansryk te lyk in ’n lang rok?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Formeel is ’n bietjie minder formeel as swart formeel. Jy kan ’n effens meer informele lang rok dra, of ’n elegante skemerkelkie-rok. En ja, jy mag swart dra na ’n troue! Maar vermy wit, tensy die uitnodiging uitdruklik sê gaste moet. Jy kan ook ’n broek dra na die formele geleentheid. Die broek moet egter noupassend wees, verkieslik in blink swart en die bloes daarby moet ’n absolute trofee van ’n bloes wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jy wil verkieslik nie ’n rok koop wat jy nooit weer kan dra of net na troues sal kan dra nie. Dis nou jou kans om ’n skemerkelkie-rok met kleur of patrone, of ’n sjiek romp en mooi bloes, wat jy na die werk werk toe kan dra, te koop. ’n Sonrok vol persoonlikheid wat kan gaan van dag tot nag is ook ’n wenner vir ’n lente/somer troue.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Deftig-informeel is een van die mees algemene en tog verwarrendste opsies. Gewoontlik is ’n romp en bloes of langrboek en bloes ’n goeie keuse. Indien jou uitrusting ’n bietjie meer informeel is, moet jou bykomstigehede meer deftig wees. Soos ’n langbroek en bloes met hoëhakskoene, ’n blazer en palmtassie (clutch). ’n Eenstuk (jumpsuit) is ook ’n wenner vir deftig informele troues. As jy ’n rok wil dra, hou dit eenvoudig en los jou rok met blinkers by die huis. Versier dit met ’n bonkige halssnoer en hakke.
Hou die elemente van ’n strand-troue in gedagte, soos die wind wat moontlik kan waai. Vermy kort rokkies wat kan opwaai. ’n Sjiek midi sonrok met ’n paar sandale is ’n ideale opsie. ’n Wyerand sonhoed kan ook baie pret en stylvol wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.