kategorieë: Ouerskap

Tegnologie-vrye kleutervermaak tydens vlugte

Verlig die ongemak deur ons wenke vir tegnologie-vrye pret te volg en laat die vakansie sommer al op die vliegtuig begin!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1. Pak verskeie kleure klei in jou handbagasie. Dit is maklik om skoon te maak en beloof om die kleinspan vir ure te vermaak.

Gebruik ons klei-resep om veilige, omgewingsvriendelike klei te maak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat jy benodig:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 2 k koekmeel
  • 1 k sout
  • 20 ml kookolie
  • 10 ml kremetart
  • 2 k water
  • Voedselkleursel van jou keuse

Plaas al die droë bestanddele in ’n pot. Voeg die water, olie en kleursel by. Kook dit oor lae hitte en roer gedurig. Sodra dit die regte tekstuur bereik, laat dit effe afkoel en knie dan op ’n meelbestrooide oppervlak.

2. Maak prettige vingerpoppe uit vilt. Jou kind sal dit baie geniet!

Hier is ’n maklike manier om vingerpoppe te maak:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat jy benodig:

  • skêr
  • vilt in die kleure van jou keuse
  • naald en gare
  • handwerkgom
  • kleurpapier
  • kleurpenne
  • wol
  1. Sny reghoekige stukke vilt uit wat effe langer as jou langste vinger is. Draai dit om jou vinger.
  2. Hou die stuk wat oorvleuel in posisie, haal die vilt van jou vinger af deur ’n speld te gebruik en werk dit aan die bopunt en by die oorvleueling met ’n naald en gare vas.
  3. Knip ogies, ’n mond en ’n neus uit die kleurpapier en plak stukkies wol aan die bokant vir hare. Jy kan selfs klere op die vingerpoppe teken.
  4. Wees kreatief!

3. Skep oulike beelde deur verskillende kleure pypskoonmakers te gebruik.

Kyk wie kan die snaakste een maak.

4. Vat inkleurboeke en -potlode saam.

Ma kan ook hieraan deelneem deur Human en Rosseau se Kreatiewe Inkleurboek vir Grootmense aan te skaf.

5. Julle kan bloot ook net by die venster uitkyk en na die pragtige wolke kyk.

Laat jou kind se verbeelding oorneem en kyk watter vorms julle van bó die wolke kan sien!

Lees ook: 5 redes hoekom speletjies speel goed vir jou kind is

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

10 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.