kategorieë: OuerskapJou lewe

Supersensitiwiteite: ondersteun jou kind só

Supersensitiwiteite: ondersteun jou kind só deur Mariette Snyman. Foto Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vyf kenmerke van begaafdes

“Die werk van ’n Poolse psigiater en sielkundige, Kazimierz Dabrowski, het my siening van begaafdheid ingrypend beïnvloed,” sê die ouerskapskenner Mia von Scha. “Hy het intensiteit, sensitiwiteit en ooropwekking (overexcitability) as die drie kerneienskappe  van begaafdheid geïdentifiseer. Overexcitability, of OE, is aangebore en dui op ’n verhoogde ontvanklikheid vir stimuli.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Begaafde kinders sukkel ook

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Alle begaafdes openbaar nie hierdie supersensitiwiteit nie, maar dit kom in ’n groter mate by kreatiewe en begaafde mense voor as in die gemiddelde bevolking. OE’s kan op een of meer van vyf gebiede voorkom:

1 Psigomotories

Psigomotoriese overexcitability dui op verhoogde prikkelbaarheid van die senuspierstelsel. Wanneer hulle emosionele spanning beleef, kan hierdie mense impulsief optree, kompulsief praat, onaanvaarbare gedrag of senuagtige gewoontes toon, gedrewe voorkom, slaaploosheid ervaar, kompulsief begin organiseer, en uitermate kompeterend raak. Die grenslose fisieke en verbale aktiwiteit wat hulle so geniet, kan ander oorweldig. Hul huisgenote en klasmaats wens hulle wil tog net stilsit en stilbly!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Psigomotoriese strategieë:

  • Hierdie kinders het ’n behoefte aan aksie. Laat tyd vir fisieke of verbale aktiwiteit toe voor, gedurende en ná skool en tydens alledaagse aktiwiteite.
  • Gee genoeg geleentheid vir spontaneïteit en ongestruktureerde aktiwiteite.
  • Maak seker hul fisieke of verbale optrede is aanvaarbaar en nie steurend vir die mense om hulle nie. Dit mag ’n bietjie kopkrap verg, maar kan pret wees en almal bevoordeel.

Lees ook: Die verskil tussen aandagafleibaarheid en hiperaktiwiteit

Aandagafleibaarheid: My kop werk anders

2 Sensueel

Sensual OE is ter sprake wanneer al vyf sintuie in die hoogste rat funksioneer. Dié kinders word diep geraak deur musiek, taal of kuns, en put eindelose genot uit smake, geure, teksture, klanke en wat hul oë sien. Hulle raak egter gou oorgestimuleer of ongemaklik met prikkels soos kosteksture, reuke, of gras onder hul kaal voete. Spanning kan veroorsaak dat hulle hulle ooreet, ’n aanval van kooplus kry, of smag na die fisieke genot wat hulle beleef wanneer hulle die middelpunt van belangstelling is. ’n Lawaaierige klaskamer, kosreuke in die kafeteria of krapperige uniforms kan hulle ontstem. Hulle het ’n groot behoefte aan fisieke gemak, byvoorbeeld sagte klere.

Hierdie kinders moet voldoende geleentheid kry om in die kollig te wees

Sensuele strategieë:

  • Skep sover moontik ’n omgewing waar gemak seëvier en hinderlike stimuli beperk word.
  • Hierdie kinders moet voldoende geleentheid kry om in die kollig te wees. Fasiliteer kreatiewe, dramatiese opvoerings met ’n gehoor of ander maniere waarop hulle aandag kan kry. Hulle ervaar die erkenning wat daarmee saamgaan op ’n byna tasbare vlak.
  • Laat gereeld tyd in ’n kalmerende, aangename omgewing toe.

Lees ook: Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Hoe gedrukte foto’s jou kind se waarde bevestig

Ek het ’n probleemkind

3 Intellektueel

Hierdie OE word gekenmerk deur die behoefte om kennis in te win en inligting te begryp, te analiseer en te integreer om by die waarheid uit te kom. Hierdie kinders is ywerige lesers, nuuskierig, en dikwels fyn waarnemers. Hulle kan lank konsentreer en met probleemoplossing volhard. Hulle is gek na teorieë en dink na oor hul manier van dink. Hul sterk fokus op morele denke beteken hulle kwel hulle oor “volwasse” kwessies soos haweloosheid. Hulle kan krities of ongeduldig raak met mense wat nie die intellektuele pas kan volhou nie, of so opgewonde raak dat hulle ander onderbreek.

Intellektuele strategieë:

  • Leer hierdie kinders hoe om antwoorde op vrae te vind. Dit moedig hul passie om te analiseer, saam te vat en te begryp aan.
  • Help hulle maniere vind om praktiese betrokke te raak by morele of etiese kwessies wat hulle interesseer, soos om komberse vir haweloses bymekaar te maak. Dit laat hulle voel hulle kan ’n bydrae tot die oplossing van wêreldwye of gemeenskapsprobleme lewer, al is dit op klein skaal.
  • As hierdie kinders te uitgesproke raak of ander oorkrities benader, het hulle hulp nodig om te besef dat hul intensie as wreed of disrespekvol waargeneem mag word. Dis nie goed om te sê “dís nou ’n simpel idee” nie, al beskou hulle die idee as dwaas.

Lees ook: Kinders en waardes

Leer jou kind só oor respek

Jou kind: Sosiaal slim bedraad

Foto: Pexels

4 Verbeeldingsverwant

Mense met imaginational OE se gedagtewêreld is ryk aan beelde, metafore, fantasie, gedetailleerde visualisering en verwikkelde drome. Die digkuns, drama of musiek kan hulle fassineer. Hulle het ’n goeie sin vir humor, maar omdat hulle hul maklik die ergste scenario kan voorstel, kan hulle bang wees om risiko’s te neem of iets nuuts te probeer. Dié kinders vermeng soms fiksie en die werklikheid en het dikwels verbeeldingmaatjies. Hulle konsentreer moeilik in ’n klaskamer waar ’n rigiede akademiese leerplan kreatiwiteit oorskadu.

Wys hulle hoe hul vrugbare verbeelding leer en produktiwiteit kan aanhelp

Ondersteun jou kind só:

  • Help hulle om tussen hul verbeeldingswêreld en die werklikheid te onderskei. In ’n moeilike situasie kan hulle ’n stopteken visualiseer en eers nadink, of eers die feite van die saak neerskryf of teken voordat hulle dit met hul verbeelding optooi.
  • Wys hulle hoe hul vrugbare verbeelding hulle kan help om in die real world te funksioneer, en hoe dit leer en produktiwiteit kan aanhelp. Pleks van ’n konvensionele dagboek waarin huiswerk en so meer aangeteken word, kan hulle hul eie organisatoriese stelsel ontwerp.

Lees ook: Sensitiwiteit: Gawe of vloek?

Kinders en die dood: Wat ouers moet weet

Laat gaan en laat groei jou kind

5 Emosioneel

Emosionele ooropwekking vind uiting in ekstreme of komplekse emosies, baie keer in fisieke reaksies soos maagpyn of ’n blosery. Hierdie kinders vorm hegte bande met mense, plekke en voorwerpe, is empaties en voel dikwels verantwoordelik vir ander. Hulle kan angstig wees, skaamte, skuldgevoelens of depressie ervaar, en minderwaardig of ontoereikend voel. Hulle hanteer verandering moeilik en is geneig tot meedoënlose selfkritiek. Diè mense het ’n groot behoefte aan sekuriteit. Hul verhoogde emosionaliteit kan op die uitvoering van alledaagse take soos huiswerk inbreuk maak.

Lees ook: Sensitief, sensitiewer, empath

Emosionele strategieë:

  • Aanvaar alle gevoelens, sonder uitsondering. Vir mense wat nie self intense emosies ervaar nie, mag dit vreemd voorkom; hulle dink mense met emosionele overexcitability is sommer net melodramaties. Aanvaarding van emosionele intensiteit en hulp om deur enige gevolglike probleme te werk, gee hierdie kinders se emosionele groei ’n hupstoot.
  • Leer hierdie kinders om fisieke en emosionele response te antisipeer en om daarop voorbereid te wees.  As hulle nie besef hulle raak oorstelp nie, verloor hulle dalk beheer. Help hulle om betyds fisieke waarskuwingstekens soos ’n hoofpyn, maagpyn of swetende handpalms te eien. As hulle daarvan bewus is, sal hulle intens emosionele situasies beter kan hanteer.

Lees ook: Selfdood onder kinders

Druk jy jou kind tot in die rooi?

My kind haat skool – wat nou?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.