kategorieë: GebakKos

Tuisgemaakte Koeksisters

Maak die stroop al die vorige dag, want dit moet yskoud wees wanneer jy die koeksisters daarin dompel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• 2,5 kg (10 k) suiker
• 1,5 liter (6 k) water
• 2 cm vars gemmer
• 560 g (4 k) meel
• 15 ml (1 e) bakpoeier
• ’n knypie sout
• 30 ml (2 e) botter
• 1 eier
• 375 ml (11/2 k) melk
• olie vir diepbraai

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Metode

  1. Stroop: Verhit die suiker en die water saam oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. Voeg die gemmer by en laat die suikerstroop vir 10 min. prut. Haal af, laat afkoel en sit oornag in die yskas.
  2. Deeg: Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. Vryf die botter by die meelmengsel in tot dit soos broodkrummels lyk.
  3. Klits die eier en die melk saam en voeg bietjie vir bietjie by die meelmengsel sodat ’n sagte deeg vorm.
  4. Keer die deeg op ’n meelbestrooide werk vlak uit en knie vir 15 min. tot glad en elasties. Laat vir 30 min. rus.
  5. Rol die deeg sowat 1 cm dik uit op ’n werkvlak wat liggies met meel bestrooi is. Sny met ’n pizzaroller of skerp mes in stroke van 5 x 2,5 cm. Sny elke strook in die lengte in drie dele, maar moenie aan die bokant heeltemal deursny nie. Vleg en hou eenkant.
  6. Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol. Sit die gevlegte koeksisters versigtig in die olie en braai goudbruin aan albei kante.
  7. Haal met ’n gaatjieslepel uit en dompel onmiddellik in die koue stroop. Hou die stroop op ys sodat dit lekker koud bly. Skep die koeksisters uit en sit op ’n draadrakkie oor ’n bak of pan – dan kan jy die stroop weer gebruik.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.