Kan kolonkanker gekeer word met dieetkoeldranke en min suiker?

Deur Salomé Delport. Foto: pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kolonkanker is een van ons Suid-Afrikaners se groot kankers: Dit is die tweede algemeenste een onder mans en vierde op die lys vir vroue.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarom is hierdie nuwe Yale-ondersoek uiters relevant vir ons – en boonop navorsing wat elkeen van ons sommer maklik en dadelik kan toepas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Suiker en kolonkanker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wat ondersoek is en hoekom

Al meer navorsing wys dat jou dieet ’n baie groot rol in die ontstaan van kolonkanker speel – en veral as jy baie suiker inneem, soos in gewone gaskoeldranke, verduidelik dr Brendan Guercio, wat die ondersoek gelei het.

Die kantoor-leefstyl van sit en werk wat jou te min tyd vir lekker oefening gee, om oorgewig te wees en tipe 2 diabetes word almal met kolonkanker verbind word. Eintlik kom al drie daarop neer dat jy meer eet as wat jy werklik vir energie nodig het.

Dit is presies hier waar gaskoeldrank inkom. Dit is propvol suiker – tot veertien teelepels per blikkie! Boonop, sê die biochemiese navorsers, sit ons hierdie suiker baie vinnig oor in vet. Asof dit nie genoeg is nie verskaf dit ons byna geen vitamiene of minerale om al daardie kilojoules te regverdig nie.  Kortom, koeldranke én alkoholiese koelers is die vernaamste maniere waarop ons té maklik té veel suiker inkry.

Gelukkig is daar heerlike suikervrye alternatiewe beskikbaar, soos dieetkoeldranke, borrel- en stilwater en nou ook suikervrye koelers.

Hulle help ekstra kilojoules uitsny, máár is die kunsmatige versoeters daarin nie dalk ook nadelig nie? Sommige ondersoeke koppel hulle juis aan diabetes en selfs kanker.

Daarom wou die ondersoekers vasstel of mense wat reeds kolonkanker het sal baat as hulle suiker verminder deur byvoorbeeld dieetkoeldranke te drink, wat by implikasie suikervry is.

Vir die ondersoek het die navorsers gekyk of kolonkanker sal herhaal en of daar ’n groter of kleiner sterftesyfer is onder 1 018 mense met stadium drie (gevorderde) kolonkanker wat op chemoterapie daarvoor was. Die deelnemers is oor sewe jaar opgevolg, en hul dieet is geëvalueer om te bepaal hoeveel suikerkoeldranke, dieetkoeldranke, koffie, tee, water, melk en vrugtesappe hulle per dag gedrink het. Wat gaskoeldranke aanbetref (dieet-opsies en met suiker) het die navorsers gekyk of hulle minder as twee koeldranke per maand drink, 2 per maand tot 2 per week, 3-6 per week of een en selfs meer per dag drink.

Lees ook: Suiker en kanker: Wat sê die kenners?

Suikerplaasvervangers verminder herhaling van kolonkanker

Kon hulle toe bewyse vind vir die teorie omtrent suiker en kolonkanker? Ja, sowaar … en kyk net wat hulle nog opgemerk het:

In die eerste plek is gevind dat hoe meer suikervrye koeldranke die deelnemers gedrink het hoe minder herhalings van kolonkanker was daar en hoe minder sterftes was daar onder hierdie groep deelnemers.

Dit was selfs ’n kwessie van hoe meer hoe beter: daar was gemiddeld rondom 50% minder herhalings van kolonkanker onder die deelnemers wat twee of meer dieetdrankies per dag gedrink het.

Toe gekyk is wat gebeur as mense suikerversoete koeldranke vervang met koeldrankies wat met suikerplaasvervangers is gevind dat hul oorlewingskoers 23% hoër was. Dus lyk dit asof suiker opsigself ’n probleem is – en nie net die feit dat mens te veel kilojoules inneem as jy suikerversoete koeldranke drink nie.

Lees ook: Minimaliseer jou kans op pankreaskanker

Gebruik suiker so en keer kolonkanker

Gebaseer op hierdie ondersoek wil dit lyk asof suikerbeperking een van die maniere is waarop jy jou kanse op kolonkanker laag kan hou.

Dit is ook ’n moontlike benadering vir mense wat reeds kolonkanker het.

Dus, deur net van gewone versoete koeldrank oor te skakel na suikervrye dieetkoeldranke – een klein, maklike verandering wat suiker verminder sonder dat jy dit agterkom – kan jou kanse vorentoe baie rooskleuriger raak. Maar, onthou dat hierdie selfs ook nie ideaal is vir jou gesondheid nie.

En terwyl jy oorskakel na dieetkoeldranke en suikervrye alkoholiese koelers kyk ook na al hierdie lekker en maklike maniere waarop jy suiker verder kan sny of selfs uitsny om jou kanse op kolonkanker te help verminder.

  1. Maak jou eie gegeurde water, soos water met lemmetjieblare en -sap.
  2. Oppas vir drinkgoed by restaurante. Die meeste soorte ystee’s, melkskommels, drinksjokolades, lattés en spesiale koffies is propvol suiker. Iets af en toe is piekfyn maar dink weer as jy dit ’n paar keer per week kies.
  3. Drink jou tee en koffie sonder suiker. As jy die soet te veel mis gebruik ’n suikerplaasvervanger.
  4. Wat van koek en nagereg en al sulke lekkernye? Moet jy dit nou en vir altyd sny? Gelukkig nie. Gebruik net jou kop. Hoe soeter dit proe hoe meer suiker is daarin. Kies dus altyd dit wat minder suiker bevat. Wortelkoek en gebakte kaaskoek het waarskynlik minder suiker as suurlemoenmeringuetert en koeksisters; beskuit is ’n laer-suiker keuse as fudge, so ook sagopoeding teenoor malvapoeding.
  5. Doen jou huismense ’n guns en moenie suiker by groente en slaai sit nie. Maak jou patats liewer in die oond of mikrogolf gaar, sodat jy dit nie in suiker hoef te braai nie; moenie suiker oor die wortelslaai strooi nie; en krummel liewer ’n bietjie kaas oor die skorsies en botterskorsie.
  6. Koop bulgaarse jogurt eerder as gegeurde jogurts wat propvol suiker is. Versoet dit self tuis met vars vrugte, neute, sade en selfs rosyntjies.
  7. Maak jou eie souse. Die meeste bevat verrassend baie suiker, van slaaisouse, blatjang, tamatiesous (tensy dit net van tamaties gemaak is – kyk op die etiket) tot pastasouse – meer as wat jy sou insit as jy dit tuis gemaak het. Boonop kan jy tuis die suiker vervang met ’n versoeter.
  8. Alkoholiese koelers en mengeldrankies bevat ook baie suiker. Jy is beter af as jy die basiese drankie liewer skoon of met water of ys drink.
  9. Bak slim en bied die tipe lekkernye aan wat minder suiker bevat. Dink aan maniere hoe jy die suikerryke deel kan verminder. In plaas van ’n dik laag versiersuiker op koek kan jy dalk versiersuiker oorstrooi of dit met vars vrugte afrond. In plaas van kaneelsuiker oor melktert kan jy nét kaneel gebruik. Net so met pannekoek: vul dit met iets soos gestoofde appels en kaneel, eerder as kaneelsuiker.

Wees so kreatief as wat jy wil. “Lekker” hoef nie “met suiker” te beteken nie!

Teks gebaseer op hierdie artikel:

Guercio BJ, Zhang S, Niedzwiecki D, Li Y, Babic A, Morales-Oyarvide V, et al. (2018) Associations of artificially sweetened beverage intake with disease recurrence and mortality in stage III colon cancer: Results from CALGB 89803 (Alliance). PLoS ONE 13(7): e0199244. https://doi.org/10.1371/journal.pone.0199244

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.