kategorieë: KalenderOntspanning

Kom kuier saam by Essentials se bruidskou en jy kan ’n trourok WEN!

Kom kuier saam by Essentials se bruidskou! Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voornemende bruide kan op 25 Mei van 09h00 tot 12h30 ’n pragtige bruidskou by die Multifora-saal op die hoek van Vickers-straat en Fig Place in Johannesburg bywoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van 09h00 tot 10h00 is daar ’n demonstrasie van die nuutste internasionale blomneigings by troues deur Leigh-Ann Lucini van Cantelope Flowers. Sy sal van bruidsruikers tot tafelblomme demonstreer. Sy sal ook wys hoe jy jou droomblomme op ’n klein begroting kan bekostig. Sitplekke en geskenkpakke is beperk, so maak seker dat jy vroegtydig bespreek.

’n Bruidsrok-modevertoning sal van 10h15 tot 11h15 aangebied word. Toegang is gratis. Marbella de Mariée Bridal Couture sal hul jongste bruidsmodes vertoon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bruide wat hul eie blomme wil doen, kan van 11h30 tot 12h30 ’n slypskool bywoon. Die koste is R350 en besprekings is noodsaaklik aangesien daar net 30 plekke beskikbaar is. Dit word deur Leigh-Ann Lucini aangebied en sy sal jou wys hoe om ’n bruidsruiker, eenvoudige knoopsgatruikers en elegante tafelruikers vir jou groot dag te maak.

Vir meer inligting oor dié skou, loer hier en besoek die facebook-geleentheid hier.

Jy kan ’n trourok WEN!

Besoekers kan ’n trourok ter waarde van R20 000 wen! Vir meer inligting besoek essentials.co.za. Bepalings en voorwaardes geld.

Bespreek nou

Vind meer uit oor die bruidskou en bespreek nou jou plekke by caxtonevents.co.za

Lees ook: Jy kan self ’n troukrans maak

Droomtroue in Italië

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.